Tien gelukkige kykers staan die kans om dubbelkaartjies na die kykNET Fiëstas Toekennings glansaand te wen!
Lees meerAlles vir Sondag 15 Desember 2013
Nóg ‘n polisieman in Oscar Pistorius-saak bedank
Kol. Schoombie van Rensburg van die polisie, wat beheer geneem het van die misdaadtoneel nadat Oscar Pistorius glo sy vriendin Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, het bedank.
Helfte wil hê Zuma moet bedank
ʼn Meningspeiling het bevind dat president Jacob Zuma al hoe meer politieke aansien en ondersteuning verloor.
Video: Chinese robotjeep land op maan
China het Saterdag die derde land geword wat suksesvol ‘n tuig op die maan kon laat land.
Foto’s: Nelson Mandela se staatsbegrafnis
Oud-president Nelson Mandela is Sondag 15 Desember 2013 in Qunu in die Oos-Kaap begrawe, nadat hy op 5 Desember by sy huis in Houghton, Johannesburg, gesterf het.
Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man
Die bedrieglike gebaretaaltolk by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens is glo deur ʼn maatskappy aangestel wat deur Bantubahle Xozwa, hoof van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake, besit word,
Bergh het selfmoordbrief agter gelaat
Die sanger Zirk Bergh wat twee mense Saterdag in Potchefstroom doodgeskiet en sy vrou beseer het voordat hy homself geskiet het, het glo ʼn selfmoordbrief agter gelaat.
Video: Kleuter help dowe ouers om Kerskonsert te “hoor”
Die vyfjarige Claire Koch het tydens haar kleuterskool se Kerskonsert al die liedjies met gebaretaal getolk sodat haar ouers, wat altwee doof is, ook die konsert kon geniet.
Bejaardes is nou Engeland se oudste pasgetroudes
Twee bejaardes, altwee in hul 90s, is pas in Engeland in die eg verbind.
Min daag op vir uitsending van Mandela-begrafnis
Oud-president Nelson Mandela se begrafnisdiens in Qunu in die Oos-Kaap word regstreeks by verskeie plekke regoor die land uitgesaai.
Prins Charles woon Mandela-begrafnis by
Prins Charles van Engeland het Sondag in Qunu in die Oos-Kaap aangekom vir die staatsbegrafnis van oud-president Nelson Mandela.
Program vir Nelson Mandela-begrafnisdiens
Oud-president Nelson Mandela se begrafnis vind Sondagoggend om 08:00 in Qunu in die Oos-Kaap plaas.
Gedagte vir die dag: God gee jou diep geluk en blydskap
Psalm 16:11 – U sal my leer om reg te lewe. Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U…