‘n Vierjarige seuntjie van Kaapstad wat in Junie 2012 deur sy pa ontvoer is, is veilig in Evaton in Gauteng opgespoor.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Desember 2013
Hertzog-familie het ingestem dat beeld geskuif word
‘n Standbeeld van voormalige eerste minister James Barry Hertzog is na ‘n ander plek by die Uniegebou geskuif en is Maandag deur ‘n reuse brons standbeeld van Nelson Mandela vervang.
Maroela Media Top 20 16 Desember 2013
Seerower- Kurt Darren Swart koffie- Corlea Land van melk en heuning- Bok van Blerk Sewe oseane- Andriëtte Sien jy nie kans nie?- Silwer en Goud
Bloem-ongeluk eis vier
Vier mense is dood en vier mense ernstig beseer in ‘n ongeluk Sondagaand op die Dealesville-pad in Bloemfontein.
Nelson Mandela-standbeeld onthul
‘n Nege meter hoë brons standbeeld van oud-president Nelson Mandela, wat met ‘n glimlag op sy gesig en arms uitgestrek staan, is Maandag deur pres. Jacob Zuma by die Uniegebou onthul.
Pa en seun sterf toe swartwildebeeste hulle bestorm
Michael Moore (59) van Maclear in die Oos-Kaap en sy seun, John-John, is Saterdag dood toe twee swartwildebeeste hulle stormgeloop het, het Beeld Maandag berig.
Nuuskommentaar: Geloftedag en Versoeningsdag
Vanjaar sal dit presies 175 jaar wees sedert ‘n strafkommando eers ‘n gelofte afgelê, en op 16 Desember 1838 ‘n groot Zoeloemag by Bloedrivier verslaan het. Vanjaar, op dieselfde dag, is dit die eerste Versoeningsdag na die afsterwe van oud-president Nelson Mandela. Oor beide geleenthede kan gevra word of die oorspronklike betekenisse van dié dag nog behoue gebly het.
22 sterf toe bus bo-op stasiewa beland
Altesaam 22 mense is Maandag dood toe ʼn passasiersbus van ʼn verhoogde snelweg bo-op ʼn stasiewa in Manila, Filippyne, beland het.
Aktrise Joan Fontaine sterf
Joan Fontaine, die aktrise wat ʼn Oscar-toekenning vir haar rol in Alfred Hitchcock se “Suspicion” gewen het, is Sondag in die ouderdom van 96 oorlede.
Peter O’Toole sterf
Die bekende akteur Peter O’Toole is Saterdag in die ouderdom van 81 oorlede.
Mandela-standbeeld word by Uniegebou onthul
ʼn Nege meter hoë standbeeld van Nelson Mandela sal Maandag by die Uniegebou onthul word.
Gedagte vir die dag: Die Here is jou alles
Psalm 18:3 – Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my…