Die antieke Stonehenge in Engeland is teen bykans R500 miljoen opgeknap.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 Desember 2013
“Bankrower” gefnuik
ʼn Vrou, wat beweer het dat sy ʼn versteekte vuurwapen by haar het, het Maandag misluk in haar poging om ʼn bank te beroof in die Gaslamp-distrik in San Diego, Amerika.
Video: Kwadrupleeg maak Ysterman-geskiedenis
Pieter du Preez (33) het pas die eerste kwadrupleeg ter wêreld geword wat ‘n volledige Ysterman-kompetisie voltooi het.
Video: Geloftedag: Twee geskiedenisse ontmoet mekaar
Duisende mense het in bloedige hitte na die Voortrekkermonument gestroom om ‘n Geloftedagdiens by te woon. ‘n Groep jong leiers het boonop ou tradisies laat herleef toe hulle saam ‘n ossewa gebou het.
Gemoedere loop hoog by Dasnois-betoging
ʼn Groep oproerige betogers, wat Dinsdag ʼn beplande betoging in Kaapstad oor die beweerde afdanking van Alide Dasnois ontwrig het, is gewaarsku om óf te verdaag óf inhegtenisneming in die gesig te staar.
Zirk Bergh-skietery: Vierde slagoffer sterf
Nicolette du Randt, een van die sanger Zirk Bergh se slagoffers, is Maandagaand in die Garden City-kliniek in Johannesburg oorlede. Nicolette was Bergh se eksvrou.
Jong pa sterf weens “hoofpyn” nadat hy pasgebore seuntjie vasgehou het
Josh Robison (24), ʼn jong pa van Utah in Amerika, is dood ure nadat hy sy pasgebore seuntjie vir die eerste keer vasgehou het.
Brandstof in plaas van water om brand te blus
ʼn Oefenlopie in North Bend, Washington in Amerika, het erg skeefgeloop toe brandbestryders per ongeluk vliegtuigbrandstof in plaas van water gebruik het om ʼn brand te blus.
SAL verleng ooreenkoms met Mango
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en die laekostelugredery Mango het hul vlugooreenkoms verleng.
Chanelle Henning-saak: R10 miljoen-borgtog vir Nico
Die moordbeskuldigde Nico Henning is Dinsdag borgtog van R10 miljoen toegestaan deur die Pretoria-streekshof.
Hand gered deur dit aan voet vas te werk
Dokters in China het ʼn man se afgesaagde hand vir ʼn maand lank “lewend” gehou deur dit aan sy been vas te heg voordat hulle dit weer aan sy arm vasgewerk het.
Motlanthe “gepynig” oor Derby-Lewis se vrylating
Adjunkpresident Kgalema Motlanthe voel “gepynig” oor die vraag of Chris Hani se moordenaar, Clive Derby-Lewis, vrygelaat moet word, het Beeld Dinsdag berig.
Aansoekvorms vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir 2014 beskikbaar
Aansoeke vir 2014 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom sluit Maandag 10 Februarie 2014. Dit geld produksies sowel as visuele kuns-aansoeke.
Skerp petrolstyging verwag
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Dinsdag gesê die petrolprys kan dalk skerp styg aan die begin van die nuwe jaar.
JHB-bobbejaan steeds op vrye voet
ʼn Bobbejaan is steeds op vrye voet in die noordelike voorstede van Johannesburg, het die DBV Dinsdag gesê.
Aanvalle in Bloem: Twee dood, drie beseer
Paramedici van ER24 is Dinsdagoggend in Bloemfontein binne ʼn radius van drie blokke ontbied na twee mesvoorvalle.
Video: Inwoners swaai elke jaar appels om nuwe jaar “skoon” te begin
ʼn Klein dorpie in Peru in Suid-Amerika se inwoners dam mekaar elke jaar by net ná Kersfees tydens ʼn fees wat Takanakuy genoem word, om die nuwe jaar “met ʼn skoon bladjie” te begin.
Prinses Di se dood nie weer ondersoek
Die Britse polisie het bekend gemaak dat nie genoeg bewyse gevind kon word om die ondersoek na prinses Diana, haar vriend Dodi al-Fayed en chauffeur te heropen nie. Hulle het in 1997 in Frankryk verongeluk toe hulle blykbaar vir die paparazzi gevlug het.
Merkel vandag weer as bondskanselier beëdig
Die magtigste vrou ter wêreld, die Duitse kanselier Angela Merkel, word Dinsdag om 12:00 opnuut as regeringshoof van Duitsland beëdig.
WAT Woord van die Week: nurks
Die WAT se Woord van die Week is “nurks”. Lees hierdie Taaltoffie om meer uit te vind oor dié ongewone Afrikaanse woord.