Ses avonturiers wat aan die HTC Atlantic Kite Challenge deelgeneem het, het by die Tuks en Caicos-eilande in die Karibiese See aangekom na hulle die Atlantiese Oseaan op hul seilplanke wat deur vlieërs gesleep is, oorgesteek het.
Alles vir Woensdag 18 Desember 2013
Pretoria-naamsverandering op ys na groot steun vir behoud van naam
Die Tshwane-metroraad het besluit om hulle pogings, om Pretoria se naam te verander, op ys te plaas en eers weer ná volgende jaar se verkiesing oor die saak te besin.
Grootste treinrower sterf
Ronnie Biggs, Engeland se grootste treinrower, is in die ouderdom van 84 by ʼn versorgingsentrum in Londen oorlede.
Uitdrukking: Vol kwinte en kwale wees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Vol kwinte en kwale wees”
Toeris beland in water nadat Facebook haar aandag aftrek
ʼn Reddingspan is ontbied nadat ʼn toeris in Australië van ʼn kaai afgeval het omdat Facebook op haar selfoon haar aandag afgetrek het, het owerhede Woensdag gesê.
Opposisiepartye vorm koalisie
Vyf opposisiepartye het Dinsdag aangekondig hulle het ʼn koalisie gevorm vir die algemene verkiesing in 2014.
Nuuskommentaar: Koalisie vir Demokrasie
Die langverwagte aankondiging oor ‘n samewerkingsooreenkoms tussen uiteindelik vyf opposisiepartye het toe gistermiddag laat gekom. Nog gans te min werklike betroubare inligting is bekend om sinvol oor die kanse van hierdie Koalisie vir Demokrasie, soos dit bekend staan, analises te doen. Verskeie sterk, maar ook swak punte is in die individuele deelnemers ingebou.
Gedenkdiens-tolk: “Ek tolk al jare lank”
Thamsanqa Jantjie, die gebaretaaltolk by Nelson Mandela se gedenkdiens, het gesê hy tolk al jare lank by groot geleenthede vir die Suid-Afrikaanse regering en die regerende party.
Wouter Basson-uitspraak verwag
Uitspraak sal na verwagting Woensdag gelewer word in die saak teen dr. Wouter Basson, die chemiesewapen-kenner, rakende sy professionele gedrag.
Nico Henning se borgvoorwaardes
Die Pretoriase landdroshof het ʼn lys van streng borgvoorwaardes gestel vir Nico Henning, die beweerde baasbrein agter die huurmoord op sy vervreemde vrou, Chanelle, nadat hy Dinsdag op borg van R10 miljoen vrygelaat is.
Tutu: ‘Afrikaner-uitsluiting sou Madiba gewalg het’
Oudpresident Nelson Mandela sou hewig ontsteld gewees het oor die uitsluiting van Afrikaners by sy huldigingsdiens en begrafnis, het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in ʼn verklaring gesê.
Gedagte vir die dag: Die waarheid in liefde
Luk 7:40-41 – “Maar Jesus spreek hom aan en sê: ‘Simon, Ek het iets om vir jou te sê.’ ‘Meneer, sê dit maar!’ antwoord hy. Jesus…