Die aksiefliek-ster ‘Chuck Norris’ vat Volvo se advertensie met die aksieheld Jean-Claude van Damme tot op die volgende vlak in ʼn nuwe parodie-video.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 Desember 2013
Malema boos oor Steve se borg
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegter (EFF), het op Twitter uitgevaar oor hy R5 000 borg moes betaal nadat hy in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding terwyl die sanger Steve Hofmeyr slegs R500 borg betaal het.
Drie sterf na trok en bus bots
Drie mense is dood en 20 beseer nadat ʼn bus en ʼn vragmotor op die R61 tussen Queenstown en Cofimvaba in die Oos-Kaap gebots het.
Vier vas vir huisroof
Vier mans is in Westville, Durban in KwaZulu-Natal vir huisroof en poging tot moord in hegtenis geneem.
Twee sterf na vragmotor muur tref
Twee mans is dood en een ernstig beseer nadat ʼn vragmotor buite beheer geraak en in ʼn muur in Auckland Park, Johannesburg ingeploeg het.
Gewildste YouTube-video’s in 2013 vir SA
Die sosialemedia-kanaal YouTube, het onlangs ʼn lys van video’s vrygestel wat die meeste in 2013 in Suid-Afrika gekyk is.
Numsa sny alle bande met ANC
Irvin Jim, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het Vrydag gesê die vakbond gaan nie die ANC in volgende jaar se verkiesing ondersteun nie.
Numsa eis dat Zuma bedank
Irvin Jim, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het Vrydag gesê die vakbond wil hê pres. Jacob Zuma moet bedank.
Fietsryers beseer toe trok sy vrag by Potch verloor
Twee fietsryers is Donderdag beseer toe ʼn vragmotor sy vrag kratte met leë bottels op die N12 naby Potchefstroom verloor het.
Ontvoerde tweejarige opgespoor
ʼn Tweejarige seuntjie van Durban, wat ontvoer is toe sy pa se bakkie gekaap is, is by ʼn manskoshuis in KwaMashu in KwaZulu-Natal opgespoor.
“Engele het nie vlerke nie”
Engele bestaan, maar het nie vlerke nie, en hulle is meer soos skerwe lig, het ʼn engelkenner van ʼn Katolieke Kerk gesê.
Video: Huweliksaanbod terwyl hy in hegtenis geneem word
Justin Harrel van Oklahoma in Amerika het sy meisie gevra om met hom te trou terwyl ʼn polisiebeampte hom in hegtenis geneem het.
Matriekuitslae vroeg Januarie bekend gemaak
Die merkwerk van die matriekvraestelle is afgehandel en die uitslae sal in die eerste week van Januarie bekend gemaak word
Tweejarige seuntjie ontvoer tydens kaping
ʼn Tweejarige seuntjie is Donderdagaand in Durban ontvoer deur kapers wat sy pa se bakkie gesteel het, het die polisie in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.
Jaagduiwel Julius Malema in die hof
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), het Vrydag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn nadat hy Donderdagaand in hegtenis geneem is omdat hy die spoedgrens verbreek het.
Resep: Ploughman-burgers
Wat hierdie burgerpatties so lekker maak, is dat dit net so heerlik op hulle eie is as wat dit op ‘n rolletjie is met al die gewone burgerbykomstighede
Video: Talle beseer toe Londen-teater se dak instort
Minstens 88 teatergangers is beseer, waarvan sewe ernstig beseer is, toe die dak van die bekende Apollo-teater in Londen Donderdagaand tydens ‘n opvoering ingesak het.
Zuma beïndruk met Venda-vroue
President Jacob Zuma het gesê hy sou met ʼn Venda-vrou getrou het as hy nie al reeds met vier vroue getroud was nie, aangesien hulle “selfs gaan lê om respek te betoon aan ander mense.
Uitdrukking: Geraamte in die kas hê
Weet jy waarom ons in Afrikaans verwys na ‘n “geraamte in die kas hê”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Nuuskommentaar: Onderskat regering bevolking se IK?
Met die bekendmaking van die interministeriële verslag oor Nkandla het die regering skynbaar die berekende kans gevat dat hulle die bevolking met ‘n klomp eina-argumente wolle oor die oë kan trek. Geoordeel aan die reaksies op berigte in die sosiale media het dit erg geboemerang, en het die regering homself net weer verder in die verleentheid gestel.