ʼn Tiener van Florida in Amerika word van sy ma se moord aangekla nadat haar liggaam opgespoor is met ʼn kombuismes wat by haar oogkas uitsteek.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Desember 2013
Foto’s: Gautengers veilig ná boot omslaan
Sampie Eckman (60) en sy seun Harold (38) van Meyerton in Gauteng is Donderdag gered nadat hul boot by New Mouth in Richardsbaai omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Meer as 3 miljoen besoekers in SA
Meer mense het vanjaar Suid-Afrika se grense oorgesteek as verlede jaar, het die departement van binnelandse sake Donderdag gesê.
Video: Baba Jesus-beeldjie gesteel
ʼn Dief het die baba Jesus-beeldjie uit ʼn kerk in Kalifornië se Kersverhaal-uitstalling gesteel.
Man vermoor vir sy skoene en kontant
ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn moord in Jouberton in Noordwes, het die polisie Donderdag gesê.
Drie vas vir Noordwes-moord
Drie mans is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn man van Sondela informele nedersetting in Boitekong naby Rustenburg, het die polisie Donderdag gesê.
Video: Ontvoerde Amerikaner versoek Obama se hulp
ʼn Bejaarde ontwikkelingswerker van Amerika wat twee jaar gelede in Pakistan ontvoer is, het in ʼn nuwe video pres. Barack Obama versoek om sy vrylating te onderhandel.
Man vas oor Kersdag-verkragting
ʼn 19-jarige man van Itsoseng in Noordwes is in hegtenis geneem vir verkragting, het die polisie Donderdag gesê.
Video: Ongelooflike beeldmateriaal van leeu wat in die lug opgegooi word
‘n Leeu in die Kruger-wildtuin is vyf meter hoog in die lug in opgegooi toe hy deur ʼn buffel bestorm is. Die video is die afgelope twee weke reeds meer as 29 miljoen keer gekyk.
Beamptes ontplooi na JHB-parke
Beamptes sal Donderdag na verskeie parke in en om Johannesburg ontplooi word in afwagting vir die groot aantal mense wat Welwillendheidsdag wil vier, het die metropolisie Donderdag gesê.
Hoë ongemaklikheid in KZN, sê weerdiens
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn spesiale kennisgewing uitgereik oor hoë ongemaklikheid in dele van KwaZulu-Natal.
Toeriste dood aangetref in hotelkamer
Twee Italianers is op Oukersaand dood aangetref in hul hotelkamer in Kathmandu, Nepal, het die polisie Donderdag gesê.
Familie onbewus van tiener se verdrinking
Die polisie is nog op soek na die familie van ‘n 15-jarige tiener van Riviersonderend wat op Kersdag by Struisbaai in die Wes-Kaap verdrink het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Woensdag gesê.
Man verdrink op Kersdag toe hy vriend wou help
‘n 28-jarige man het op Kersdag naby Witsand in die Wes-Kaap verdrink toe hy ‘n vriend wou help, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Kinders sterf toe man plakkershuis afbrand
‘n 35-jarige man is Woensdag in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie se plakkershuis, met haar twee kinders binne-in, aan die brand gesteek het.
Gedagte vir die dag: Christus is die brood wat lewe gee
Johannes 6:35 – Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en…