Na byna 20 jaar en 14 miljoen besoekers in 200 wêreldstede, sak die gordyn finaal vir die bekende produksie, Alegría.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Desember 2013
70 beseer ná piranhas aanval
Minstens 70 mense is beseer nadat vleisetende visse hulle in ʼn rivier in Argentinië aangeval het. Sewe kinders het gedeeltes van hul vingers en tone verloor.
R19 m.-heroïen-saak uitgestel
ʼn Man van Malawi, wat glo heroïen-tablette ter waarde van R19 miljoen na Suid-Afrika wou smokkel, se saak is Vrydag uitgestel.
Tswhane-woordvoerder ontken dronkbestuur
ʼn Senior beampte van die Tshwane-metro ontken dat hy onder die invloed van alkohol bestuur het nadat hy op Kersdag in Pretoria in hegtenis geneem is.
Nierskandaal: Een van die dokters sterf
Een van die vier chirurge wat in ʼn internasionale skandaal vir onwettige nierverkope betrokke was, is dood terwyl hy met vakansie was saam met sy gesin, het die SAUK Vrydag berig.
Slegte nuus vir motoriste
Die departement van energie het Vrydag slegte nuus vir motoriste aangekondig.
Video: Piers Morgan se Twitter-bekkigheid lei tot pynlike boulbeurt
Die uitgesproke TV-aanbieder, Piers Morgan, moes Vrydag daad by woord sit nadat hy aan sy 3.8 miljoen Twitter-volgelinge gesê het hoe “sag” sy geliefde Engelse krieketspan geword het en dat hy “met liefde” Mitchell Johnson, Australië se snelbouler, sou wou uitdaag.
Video: Gebaretaaltolk erken hy is “die groot bedrieër”
Thamsanqa Jantjie, die gebaretaaltolk by Nelson Mandela se gedenkdiens, het homself “die groot bedrieër” genoem.
Sokkerspelers se pa geskiet
Die pa van Orlando Pirates-sokkerspeler Siyabonga Sangweni is geskiet, vermoedelik deur een van sy kinders, het die sokkerklub Vrydag gesê.
Man ontsnap uit polisie-aanhouding
ʼn Man is op vrye voet nadat hy uit Kempton Park-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het, het die polisie in Gauteng Vrydag gesê.
Kokaïen by Hartenbos opgespoor
ʼn Swart sak met 25 pakkies, moontlik vol kokaïen, is by Hartenbos in Mosselbaai opgespoor, het die Wes-Kaapse polisie Vrydag gesê.
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Die pa van ʼn vermeende vennoot van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, is dood nadat hy gemartel is, het The Citizen Vrydag berig
12-jarige skiet ma per ongeluk op Oukersaand dood
ʼn 10-jarige meisie van Bellville het per ongeluk haar ma doodgeskiet met ʼn windbuks wat haar broer as ʼn Kersgeskenk gekry het, het Beeld Vrydag berig.
Witwyn-sangria
Errol van 7de Laan se “funky” drankie vir ‘n paartie, veral in die somer.
Uitdrukking: Geen kind of kraai hê nie
Dié uitdrukking het ‘n baie interessante maar wrede herkoms. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
11 beseer toe Durban-treine mekaar tref
Altesaam 11 mense is beseer toe twee treine mekaar Vrydagoggend net na 08:00 by Berea-stasie in Durban getref het.
Nuuskommentaar: SA-resep vir 2014 aan mekaar geslaan
Die spreekwoord lui dat as Amerika nies, kry die wêreld verkoue. Dié werklikheid het Suid-Afrika ook die afgelope klompie jare hard geslaan.
Motor tref perd buite Kimberley
Vyf mense het ʼn noue ontkoming gehad toe die Mercedes waarin hulle gery het, sowat 5 km buite Kimberley, ʼn perd getref het.
Video: Driejarige hoor pa se stem vir die eerste keer
Beeldmateriaal van die dowe Grayson Clamp (3) wat sy pa se stem vir die eerste keer hoor sedert hy ʼn ouditiewe breinstam-inplanting ondergaan het, was een van die gewildste video’s op YouTube in 2013.
Antarktika-skip dalk binnekort bevry
ʼn Skip wat sedert Oukersaand in die ys by Antarktika vasgeval het, sal moontlik Vrydag verligting ontvang wanneer ʼn ysbreker van China, genaamd Snow Dragon, by hulle aankom.