Die nuwe Bell’s-televisieadvertensie laat kykers met hoendervleis en ʼn traan het al selfs oor ʼn hardebaard se wang gebiggel oor dié aangrypende verhaal.
Lees meerAlles vir die maand Januarie 2014
De Klerk beskuldig ANC van diskriminasie
Oud-president FW de Klerk het Vrydag gesê die ANC diskrimineer teen mense gebaseer op hulle ras.
Sanral se terrorisme-saak van die rol geskrap
ʼn Man wat in verband met terreurdade teen Sanral in hegtenis geneem is, se saak is Vrydag in die Pretoriase landdroshof van die rol geskrap.
Bheki Cele ontken Nkandla-betrokkenheid
Bheki Cele se woordvoerder het Vrydag gesê die Openbare Beskermer het nie bewyse dat die voormalige polisiekommissaris aan die sekuriteitsopgraderings by Nkandla gekoppel kan word nie.
Foto’s: Skole sluit weens reën; nog reën verwag
Inwoners van Johannesburg kan glo nog reën en oorstromings oor die volgende paar dae te wagte wees.
Driejarige het in motor versmoor
ʼn Driejarige seuntjie wat dood aangetref is in ʼn motor in Limpopo, het versmoor.
R50 000 se prysgeld vir radiodrama-skrywers
Die wenners van vanjaar se RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie deel weer eens in die prysgeld van R50 000. Die wenner van die 2014-kompetisie sal R22 000 en die naaswenner R12 000 ontvang.
Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af
Die Gautengse polisie het Vrydag bevestig dat betogers van Bronkhorstspruit Donderdag ʼn plaaslike polisiestasie en ʼn munisipale gebou aan die brand gesteek het. Die inwoners betoog oor dienslewering.
Eksotiese diere vrek by OR Tambo – DBV gryp in
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het ingegryp om ‘n besending reptiele en amfibiese diere wat op die Johannesburgse Lughawe in ‘n vragarea agter gebly het, te red. Baie van die 1 600 diere het reeds gevrek.
Solidariteit en DKD weer in hof; uitspraak voorbehou
Die vakbond Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD) het mekaar vandag in die arbeidshof in Kaapstad gepak oor die DKD se voortgesette toepassing van die nasionale rassedemografie ondanks ʼn vroeëre hofuitspraak wat dit verbied.
Silwer varing eerder as Union Jack op NS-vlag?
Nieu-Seeland se vlag sal in die toekoms met die silwervaring, in plaas van die Union Jack, daarop spog as die Kiwi’s se premier, John Key, sy sin in ‘n beoogde referendum kry.
PE-polisie probeer tevergeefs selfmoord op strand keer
Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat John Paxton (43) van Malabar Vrydag glo op ʼn strand selfmoord gepleeg het, het AlgoaFM Vrydag berig.
Moordskuldigbevinding – Amanda Knox se eks-kêrel by grens gevang
Raffaele Sollecito, wat net soos sy eertydse Amerikaanse meisie, Amanda Knox, pas tydens ‘n herverhoor skuldig bevind is aan die moord op Knox se Britse kamermaat, Meredith Kercher, is op die Italiaanse grens aangekeer.
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Die hooggeregshof in Brittanje het Vrydag beslis dat Shrien Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer kan word.
Wêreld se oudste flamink sterf
Die wêreld se oudste flamink het by die dieretuin in Adelaide in Australië gesterf. Die flamink was 83 jaar oud.
Woord: kliënt
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “kliënt”
Nasa wil water op maan, suurstof op Mars maak
Nasa beplan om in 2018 ‘n robotiese sending na die maan te onderneem wat water sal maak, en in 2020 na Mars om suurstof te maak.
Nuuskommentaar: Radikale vakbondwese ontspoor op politieke slagveld
Die vakbond Solidariteit word gereeld deur sogenaamde “transformasiedrywers” as “regs” afgemaak en allerlei dinge verwyt, maar tog geniet die vakbond respek omdat dit daarin slaag om op ‘n verantwoordelike, en dikwels indrukwekkende wyse die beste vir sy lede te doen, sonder om die land skade te berokken – in teendeel.
Limpopo-betogers eis toegangsfooi ná chaos by informele nedersettings uitbreek
Betogers het Vrydag paaie rondom die Relela en Kubjana informele nedersettings in Limpopo versper, en eis toegangsfooie vir enigiemand wat daar wil in gaan.
Gedagte vir die dag: Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (16) – Eensgesind ten spyte van ons verskille
Psalm 133:1 – ‘n Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit gaan ‘n mens se verstand te bowe…