ʼn 40-jarige man is Woensdag in Verulam in hegtenis geneem in verband met vyf verkragtings in die Waterloo-gebied, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 2 Januarie 2014
Foto’s: Antarktika-redding
Al 52 passasiers van ‘n skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer was, is Donderdag gered. Hier is ‘n paar foto’s van die reddingspoging.
Tanzanië-minister sterf in SA
William Mgimwa, Tanzanië se minister van finansies, is in ʼn Pretoria-hospitaal aan natuurlike oorsake oorlede.
Nóg kokaïen by Mosselbaai opgespoor
Kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R68 miljoen is sedert Kersfees by Mosselbaai se strande opgespoor.
Vasgekeer in Antarktika: Hulle is uiteindelik gered!
Al 52 passasiers van ‘n skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer was, is Donderdag gered.
Wal-Mart herroep donkievleis in China
Chinese wat donkievleis by ‘n Wal-Mart-tak in Shanghai gekoop het, sal hul geld terugkry nadat DNS-toetse aan die lig gebring het dat die vleis ook ander diersoorte bevat.
Chinese ballonvaarder deur Japannese gered
‘n Chinese ballonvaarder moes Woensdag gered word nadat hy sowat 20 km van sy bestemming in die see beland het.
Sokkerspeler-saak uitgestel ná hy glo oom skiet
Mandlakayise Sangweni, doelwagter vir AmaZulu, se aansoek om borgtog is Donderdag in die Ngwelezane-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Stiefpa skiet glo sy 2 dogtertjies
Twee kinders is in Ga-Chuene naby Lebowakgomo in Limpopo vermoedelik deur hul stiefpa doodgeskiet, het die polisie Donderdag gesê.
Margate-dodetal styg tot 12
Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal het Donderdag bevestig 12 mense het gesterf in ʼn ongeluk tussen ʼn minibustaxi en ʼn bakkie naby Margate.
Polisiebeampte in boom opgehang
ʼn Polisiebeampte, wat aan ʼn boom opgehang is, is langs die Midway-spoorwegstasie in Soweto opgespoor, het die Gautengse polisie Donderdag gesê.
Géén slange op die vliegtuig nie
Sekuriteitswagte van OR Tambo Internasionale Lughawe het beslag gelê op ʼn vyfjarige dogtertjie en haar sesjarige boetie se twee materiaalslange, het The Star Donderdag berig.
Voortrekkemonument in die “geheim” verkoop? Wolhaarstorie!
Gerugte op sosiale media dat die Voortrekkermonument aan Chinese verkoop is, is ʼn wolhaarstorie.
Argitek en kunstenaar op Nuwejaarsdag vermoor
ʼn Bekroonde argitek en ʼn kunstenaar is op Nuwejaarsdag in twee afsonderlike voorvalle in Suid-Afrika doodgeskiet, het The Star Donderdag berig.
Woord: Krismisboks
Taaltoffie ondersoek die oorsprong van die woord “Krismisboks” wat in die geselstaal na ‘n “Kersgeskenk” verwys.
Oud-spioen van Rwanda in JHB vermoor
ʼn Voormalige spioenasiehoof van Rwanda is in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg vermoor, het die Gautengse polisie Donderdag gesê.
Nog twee vas oor polisiebevelvoerder se moord
Twee polisiebeamptes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Elliotdale, Oos-Kaap, verskyn in verband met die moord op hul stasiebevelvoerder.
Hoog in Colorado: Dagga word nou wettig verkoop
Marijuana-gebruikers het Woensdag fees gevier toe Colorado die eerste staat in Amerika geword het wat cannabis wettig verkoop.
Vasgekeer in Antarktika: Reddingspoging duur voort
Passasiers wat al langer as ʼn week lank op ʼn skip in Antarktika in die ys vasgekeer is, sal na verwagting Donderdag met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë ysbreker geneem word.
Oujaarsgebruike: Twee vas ná rusbank byna vrou tref
Twee mans is in Singapoer in hegtenis geneem nadat ʼn rusbank, wat uit die vierde verdieping van ʼn gebou gegooi is, byna ʼn verbyganger getref het.