Die onus op die “klein mensies” om in 2014 te help bou aan ‘n beter toekoms vir hul kinders bly groot. Geen poging is te klein nie – ‘n vriendelike woord vir die petroljoggie, of om te verneem hoe dit met die huishulp se kinders op skool gaan … en uiteindelik hoe die kruisie in die verkiesing getrek word. Want so leer die Bybel: Jy moet jou naaste liefhê. En as jy iemand nie as jou naaste beskou nie, leer die Bybel ook dat jy jou vyande moet liefhê.
Alles vir Donderdag 2 Januarie 2014
10 beseer ná handgranaat in restaurant ontplof
Tien mense is Donderdag beseer nadat aanvallers ʼn handgranaat in ʼn restaurant by ʼn gewilde toeriste-dorp in Kenia ingegooi het.
Drie persone verdrink op Nuwejaarsdag, twee word steeds vermis
Drie persone het op Nuwejaarsdag verdrink en twee word steeds vermis, waaronder ‘n 16-jarige en ‘n 22-jarige man.
Margate-ongeluk eis 9
Nege mense is dood toe ʼn minibustaxi en ʼn bakkie mekaar Woensdagaand reg van voor in Margate, KwaZulu-Natal getref het.
Gedagte vir die dag: Christus ons voorbeeld
Johannes 13:13-15 – Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is,…