Na minstens vier mans in verskillende Europese lande in Nuwejaarsvuurwerkongelukke dood is, en talle mense oë en hande kwyt is, wil Nederland se Openbare Ministerie die Europese Unie vra om “swaar” vuurwerke te verbied.
Alles vir Vrydag 3 Januarie 2014
Hubble betrap ster wat “nies”
Nasa se Hubble-ruimteteleskoop het ‘n bloedjong ster betrap toe dit “genies” het.
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Die F1-legende Michael Schumacher vier Vrydag sy 45ste verjaarsdag in ʼn hospitaal in Frankryk waar hy steeds ná ʼn ski-ongeluk met medikasie onder verdowing gehou word.
Nuuskommentaar: Leiers wat hul mense uitverkoop en seepbelle
Die jaar 2014 is nog in sy feestelike roes, of die een waarskuwing op die ander volg. Die jongste wenner van die Nobelprys vir Ekonomie, prof. Robert Shiller, waarsku dat daar reeds seepbelle dreig na aandelemarkte in die VSA en talle lande nuwe rekordhoogtes bereik het.
7 in hof oor kunstenaar se moord
Sewe mense het Donderdag in die Pinetown-landdroshof verskyn in verband met die moord op die kunstenaar Clinton de Menezes.
12 in hof ná dwelmklopjag in Umhlanga
Twaalf mense het Donderdag in die Verulam-landdroshof verskyn in verband met dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van ongeveer R5 miljoen.
Tweejarige verdrink in KZN-swembad
ʼn Tweejarige seuntjie het Donderdagmiddag in ʼn swembad aan die Natalse noordkus verdrink.
KZN-vrou aan die brand gesteek
ʼn Vrou veg om haar lewe nadat sy Vrydagoggend by haar huis in Umbumbulu in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is.
Baba vroeggebore ná swanger ma aangeval is
ʼn 28-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy sy swanger meisie in Mdantsane naby Oos-Londen met ʼn skerp voorwerp in die maag gesteek het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Gedagte vir die dag: Loof die Naam van die Here
Psalm 113:2 – Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd. Daar is een rede vir alles; daar is een doel vir…