ʼn Gautengse polisiebeampte gaan na verwagting Woensdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy glo ʼn gesteelde bakkie bestuur het.
Alles vir Woensdag 8 Januarie 2014
Motorverkope sukkel
Desember 2013 was maar ‘n taai maand vir die motorbedryf. Verkope, gemeet teenoor verkope in Desember 2012, was maar 0.2% persent (95 eenhede) beter. Dit verteenwoordig 46 501 eenhede vir die maand.
Vermeende stropers doodgeskiet
Twee vermeende stropers is Woensdag in die vroeë oggendure in die Krugerwildtuin doodgeskiet.
Boeremusiek-piekniekkonsert by die Taalmonument-tuinteater
’n Groot boeremusiek-opskop word op Saterdag 25 Januarie as deel van die Somerpiekniekreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gehou. Dié piekniekreeks word ten bate van die Laat ons Lees!-voorleesprojek vir kinders aangebied.
Drie vas wat glo veiligheidswagte beroof
Drie mans is Dinsdagaand in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo twee sekuriteitsbeamptes van hul selfone en dienswapens beroof het.
Ontsnapte tronkvoël terug tjoekie toe om van koue te ontsnap
Die bittere koue vorteks wat verskeie lewens in die VSA geëis het, lewer ook interessante staaltjies op.
Nuuskommentaar: Vrouekrag
Met die aanwysing van Janet Yellen as eerste vrou om die Amerikaanse Federale Reserwebank, algemeen bekend as die Fed, te lei neem hierdie klein vroutjie een van die invloedrykste ampte ter wêreld oor.
Gedig: Die wêreld is ons woning nie
Totius se bekende gedig, “Die wêreld is ons woning nie”
Breindood-tiener word steeds behandel
Jahi McMath, die 13-jarige tiener van Oakland in Amerika wat weens komplikasies ná ʼn mangeloperasie breindood verklaar is, is op versoek van haar familie uit die kinderhospitaal oorgeplaas na ʼn ander fasiliteit.
Video: Swaar tye lê voor vir vissermanne se families
Honderde families in die Port Elizabeth-omgewing wat vir hulle bestaan van die see afhanklik is, is hulle kommersiële visvangregte kwyt.
Klopjag op dwelmfabriek in Meyerton
Twee vroue is Dinsdag in hegtens geneem nadat die polisie ʼn klopjag op ʼn dwelmfabriek in Meyerton in die Vaal-driehoek uitgevoer het.
Een dood, 16 beseer in botsing
Een persoon is dood en 16 beseer na ʼn minibustaxi teen twee voertuie gebots het in Beyers Naudeweg in Montgomery Park, Johannesburg.
Vyf skuldig aan moord ná transitorooftog
Vyf rowers, waaronder ʼn voormalige polisiebeampte, is Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof skuldig bevind op drie aanklagte van moord na ʼn transitorooftog.
Vyf in hof oor moord op stasiebevelvoerder
Vyf mense, waaronder twee polisiebeamptes, wat aangekla word van die moord op die stasiebevelvoerder van die Elliotdale-polisiekantoor het Dinsdag in die Elliotdale-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Die Here gee vrede en sorg vir jou
Psalm 37:3,5 – Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Stel…