ʼn Strik-kamera het ʼn olifant in die Knysna-woud afgeneem, het SANParke Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Januarie 2014
Minister van vervoer se naam in 419-slenter gebruik
Dipuo Peters, minister van vervoer, se naam word glo gebruik in ʼn 419-slenter wat aanvoer die minister het miljoene dollar en sy benodig hulp om dit te skuif.
EFF wil 2014-verkiesing met rooi barette wen
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Donderdag gesê die EFF beplan om die verkiesing in 2014 te wen, maar die speelvlak is nie gelyk nie.
Video: Ontstellende beeldmateriaal van beskonke 9-jarige
Die polisie in Nieu-Seeland is geskok oor beeldmateriaal van ʼn besope negejarige seun wat van alkohol voorsien is en teen ʼn muur by ʼn skaatsplankpark lê.
Mala Mala-wildreservaat in grondeis verkoop
Die N’wandlamhlarhi-gemeenskapseiendomvereniging (CPA) in Lillydale village naby Hazyview in Mpumalanga is nou amptelik die eienaars van 13 184 hektaar grond wat die Mala Mala-wildreservaat insluit.
12-jarige vermis na Kaapse Klopse-parade
Die polisie en Missing Children South Africa is op soek na Justin Lee Jacobs (12) wat sedert Saterdag vermis word nadat hy ʼn Kaapse Klopse-parade in Belhar bygewoon het.
Reuse boete vir te veel kinders
‘n Chinese filmmaker, Zhang Yimou is ‘n boete van sowat $1,2 miljoen (7,8 miljoen yuan) opgelê omdat hy te veel kinders het.
Kommunikasie nog tot môre ontwrig
Satellietkommunikasie soos DStv, die internet, selfone, GPS en radio’s kan nog tot Vrydag ontwrig word, na ‘n sterk X-straal-sonfakkel die aarde se magneetveld vanoggend om nege-uur getref het, en ‘n geomagnetiese storm ontketen het.
Hof stuit grondgrypers
ʼn Beskermingsbevel is Donderdag aan AfriForum toegestaan teen grondgrypers in Howick, KwaZulu-Natal.
Foto: 15 beseer in JHB-botsing
Altesaam vyftien mense het matige tot ernstige beserings opgedoen nadat drie voertuie Donderdag in Sandton, Johannesburg, gebots het.
Volk-staatbetoog vir 2014
Carel Boshoff lewer ‘n soort volksrede op die Groot Debat en gee sy blik op die politiek, die Afrikaner se uitdagings en selfbeskikking.
Ekstra vier jaar vir ruimtestasie
Die $100 miljard internasionale ruimtestasie (ISS) sal vir nog vier jaar verleng word, of ten minste tot 2024 om verdere wêreldwye navorsing en wetenskaplike samewerking te verseker, het NASA Woensdag gesê.
Kaapse boer word al dae lank vermis
Andrew Whittingdale, ʼn 56-jarige boer van die Wes-Kaap wat twee plase daar besit, het op 3 Januarie onder vreemde omstandighede verdwyn.
Sanral ontken ‘leuens’ oor e-tolskyfieverkope
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gerugte ontken dat hy “jok” oor die hoeveelheid e-tolskyfies wat in sirkulasie is, het die Business Day Donderdag berig.
Meer as 40% Amerikaanse babas se ma’s is ongetroud
Altesaam 40,7 % van alle babas wat in 2013 in die VSA gebore is, se moeders is ongetroud, luidens syfers wat pas deur die Amerikaanse owerhede bekend gemaak is.
Sóveel padsterftes oor feestyd
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Donderdag die statistiek van die padsterftes vir die periode tussen 1 Desember 2013 en 7 Januarie 2014 bekend gemaak.
Doodsdreigemente vir klub wat renosterjag-permit wil verkoop
Die FBI in Amerika ondersoek doodsdreigemente teen lede van ʼn jagklub in Dallas wat ʼn seldsame permit, om ʼn bedreigde swartrenoster te jag, op ʼn veiling wil verkoop.
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Die Johannesburgse hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer in Radovan Krejcir, die Tsjeggiese sakeman, se dringende aansoek nadat sy aansoek om borgtog afgekeur is.
Oud-spioen-sluipmoord: Owerhede ontken arrestasies
Owerhede in Mosambiek het berigte ontken dat drie mans van Rwanda daar in hegtenis geneem is vir die onlangse moord op die voormalige spioenhoof van Rwanda, Patrick Karegeya, het The Star Donderdag berig.
Jasmin vandag veras
ʼn Privaat verassingsdiens word Donderdag vir die vierjarige verkragting- en moordslagoffer, Jasmin Pretorius, in Benoni gehou.