Te midde van kritiek oor die aantal matrieks wat in 2013 se eindeksamen in belangrike vakke soos wiskunde en wetenskap goed presteer het, is daar wel ʼn ligpunt wanneer gekyk word na die resultate van matrieks wat in Afrikaanse wiskunde presteer het.
Alles vir Donderdag 9 Januarie 2014
Taalreël: Verniel, vernietig, verwoes
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van verniel, vernietig en verwoes.
Gedig: Die dans van die reën
Eugène N. Marais se gedig “Die dans van die reën” om sy geboortedag, 9 Januarie 1871, te herdenk.
Eskom ontken gerugte oor beurtkrag
Eskom het Donderdag gesê dat elektrisiteitstoevoer oor die volgende drie maande onder druk sal verkeer terwyl instandhoudingswerk gedoen word, maar het ontken dat daar enige formele planne vir beurtkrag op die tafel is.
Nuuskommentaar: Dis ís so, want die regering sê so
Dit is een ding om in ‘n belangrike verkiesingsjaar goedgelowige ondersteuners ‘n rat voor die oë te draai, maar as die regering se geloofwaardigheid so gesloop is dat die rand se waarde val omdat dit as riskante belegging beskou word, word dit eintlik ‘n internasionale probleem.
Man in hof wat glo 9-jarige verkrag
ʼn 46-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie verkrag het, het Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.
Sewe vas oor skoonheidskoningin se moord
Sewe mense, insluitend ʼn vrou en twee tieners, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn voormalige skoonheidskoningin en haar man.
Sanger weer in hof oor verkragting-saak
Sipho Charles Ndlovu, die kwaito-musikant wat beter bekend staan as Brickz, sal Donderdag na verwagting weer in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Radovan Krejcir, die Tsjeggiese sakeman, sal na verwagting Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof hoor of die hof sy onsuksesvolle aansoek om borgtog gaan heroorweeg.
Zuma: ‘ANC sal vir altyd regeer’
President Jacob Zuma het ANC-ondersteuners Woensdag verseker dat die party Suid-Afrika “vir altyd” sal regeer.
Student in regsgeding met CIA oor Mandela-arrestasie
ʼn Student het ʼn regsgeding teen die Amerikaanse intelligensiediens (CIA) van stapel gestuur ten einde dokumente te bekom wat glo wys dat die intelligensiediens aandadig was in die inhegtenisname van oudpresident Nelson Mandela.
Vyf gevonnis na transitorooftog
Vyf rowers, waaronder ʼn voormalige polisiebeampte, is Woensdag in die Pietermaritzburg-landdroshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op drie aanklagte van moord na ʼn transitorooftog.
Ses in hof oor plaasaanval
Ses mans, onder wie ʼn plaaswerker, het Woensdag in die Bothaville-landdroshof verskyn in verband met ʼn plaasaanval in November.
Gedagte vir die dag: God hoor jou en buig af na jou
Psalm 40:2,3 – Ek het lank gewag dat die Here my sou help, en dit het toe gebeur. Hy het na my toe afgebuig. Ek het…