Bykans een uit elke 10 babas en kleuters in Engeland en Wallis is Moslem, volgens ʼn nuwe analise van sensusstatistiek wat Vrydag gepubliseer is.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 Januarie 2014
Namibië verdedig renosterjag-permit
Natuurbewaringsowerhede in Namibië het Vrydag die veiling van permitte om swartrenosters in dié land te jag, verdedig.
Video: Vrou breek wêreldrekord en verorber 2kg biefstuk in minute!
Molly Schuyler (34) van Bellevue in Nebraska, ʼn ma van vier wat maar 56 kg weeg, is ʼn kompeterende eter.
Heksery-berigte is “belaglik”
Mediaberigte dat pres. Jacob Zuma in ʼn stadium heksery beoefen het, is belaglik en misleidend, het die presidensie Vrydag in ʼn verklaring gesê.
Staatsamptenaar bedank oor “voortydige” twiet
ʼn Staatsamptenaar van Spanje het Vrydag bedank toe ʼn twiet en persverklaring uitgestuur is wat ʼn reeks sensitiewe inhegtenisnemings aankondig nog voordat die klopjagte uitgevoer is.
KZN-taxi-operateur doodgeskiet
ʼn Taxi-operateur is Donderdag in Isipingo naby Durban doodgeskiet, het die departement van gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.
GPF vang verdagte ná vier gesinne se honde vergiftig is
Trane, verlange, verlies en ongerief, is wat ʼn gesin van Pretoria nou beleef nadat hulle honde saam met drie ander gesinne se honde vandeesweek in hul woonbuurt in Centurion vergiftig is.
Gada-saak uitgestel vir sielkundige ondersoek
Die borgtogverhoor van ʼn man wat glo sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele Hindu-voorwerp doodgeslaan het, is Vrydag in die Chatsworth-landdroshof uitgestel.
Glo geen inhegtenisnemings oor oud-spioenhoof se moord nie
Die Valke het Vrydag gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Patrick Karegeya, die oud-spioenhoof van Rwanda, nie.
Al die matrieks druip by 2 Limpopo-skole
Die koerant The Star het Vrydag aangevoer dat Dikeledi Magadzi, die LUR vir onderwys in Limpopo, se bewerings, dat geen skool in haar provinsie ʼn 100%-matriekdruipsyfer ontvang het nie, vals is.
Sanral erken e-tol-“haakplekke”
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het erken dat daar ʼn paar “haakplekke” in die insamelingsisteem vir e-tol ervaar word.
Foto’s: Motorfietspassasier sterf ná vragmotor oor haar ry
ʼn Vrou is Donderdag in Wynberg, Kaapstad, dood nadat ʼn instandhoudingsvoertuig oor haar gery het nadat sy van ʼn motorfiets afgeval het.
Een van Korkie-egpaar vrygelaat
Yolande Korkie, wat verlede jaar in Mei saam met haar man Pierre voor ʼn hotel in die hoofstad Taiz in Jemen ontvoer is, is Vrydagoggend omstreeks 06:00 deur haar ontvoerders Vrygelaat. Pierre word egter nog aangehou.
Reuse kakkerlak uit Aussie se oor gehaal
‘n Man van Darwin in die noorde van Australië, Hendrik Helmer, het een oggend vroeër die week met ‘n vreeslike oorpyn wakker geword, en dadelik gemeen ‘n gogga het, terwyl hy geslaap het, in sy oor in gekruip.
Ontsteltenis oor aanranding op outistiese seun
Groot ontsteltenis heers in België nadat ‘n 14-jarige outistiese seun erg deur ‘n bende van 15 jeugdiges aangerand is.
“Miljoene aardbewings” in 2013 eis baie
Aardbewings wêreldwyd het in 2013 ongeveer 1 400 lewens geëis, aldus ‘n verslag van die Amerikaanse USGS wat aardbewings wêreldwyd monitor. Die verslag is pas bekend gemaak.
AfriForum Jeug laat Tukkies-jool weer vlot
AfriForum Jeug se Tukkies-tak het ná talle klagtes van studente daarin geslaag om saam met die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) die Universiteit van Pretoria (UP) van hul idee te laat afsien om die jooloptog te kanselleer.
Vier vas oor gewapende rooftog in Springbok
Vier mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn supermark in Springbok in die Noord-Kaap.
Man skuldig bevind aan boervrou se moord
Andrew Damons, ʼn plaasarbeider, is skuldig bevind aan die moord op Rene Slater (52), ʼn sakevrou van Kirkwood, het die polisie in die Oos-Kaap Vrydag gesê.
Meer as 500 in Soweto aangekeer
Altesaam 524 mense is in Soweto in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade insluitend kaping, verkragting en bedrog.