Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal nie Saterdag besoek aflê aan pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla nie.
Alles vir Vrydag 10 Januarie 2014
“Lê klagtes teen Nkandla-korruptes” – Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê dat diegene wat deur korrupsie gebaat het by die sekuriteitsopgraderings by president Jacob Zuma se Nkandla-woning, krimineel vervolg moet word.
Curiosity uit ruimte gefotografeer
Nasa het ‘n foto vrygestel wat uit die ruimte geneem is, en wat Curiosity, asook die spore wat dit getrap het, duidelik toon.
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Die drie mense wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo beplan het om twee ondersoekbeamptes te vermoor wat by die Radovan Krejcir-saak betrokke is, sal Maandag in die Sandton-landdroshof verskyn.
Indiese diplomaat verlaat VSA na twis
‘n Peroneellid van die Indiese konsulaat in New York is onderweg terug na Indië nadat sy aangekeer is omdat sy glo vals visumbesonderhede oor haar huishulp verskaf het, en sy na bewering die huishulp ook minder as die Amerikaanse minimumloon betaal het.
Resep: Reuben se hoender
Reuben Riffel is ‘n bekende gesig vandat hy een van Suid-Afrika se grootste kruie-en-spesery-vervaardigers se produkte onderskryf en bemark. Dié resep van hom is deur outeur van die boek “Japtrap-braai” aangepas vir die braai.
Nuuskommentaar: Die wag voor Number One se mond dros weer
“Ek het ‘n blanke persoon hoor sê daar moet ‘n ondersoek wees, hulle kan nie so slaag nie, en ek het vir myself gesê die persoon het steeds die ou mentaliteit dat swart mense nie intelligent kan wees nie – as hulle slaag moet dit ondersoek word.”
Woord: Dieet
Het jy geweet dat die woord “dieet” ook na die Japannese parlementsitting kan verwys? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié interessante woord.
Video: Aanwysings vir ‘n slegte dag
Dié video wat op YouTube gelaai is, dien as aanmoediging vir daardie onvermydelike slegte dae wat ons almal soms beleef.
Bloedvoorraad is min
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het Vrydag gesê hul bloedvoorraad is min en doen veral ʼn beroep op nuwe skenkers of mense wat lanklaas bloed geskenk het, om die naweek bloed te skenk.
Toyota se nuwe waterstof-konsepmotor
Toyota het Maandag by die 2014 internasionale elektroniese-verbruikersware-skou (CES) ʼn nuwe konsepmotor van ʼn brandstofselvoertuig (FCV) bekend gestel wat waterstof met lug kombineer om die voertuig krag te gee.
Metropolisie skiet glo straatverkoper oor piesangs
ʼn Straatverkoper is glo in Pretoria se middestad geskiet nadat hy geweier het om sy voorraad aan die Tshwane-metropolisie te oorhandig.
Gautengers op Karbonkelberg-staproete gered
Twee broers en ʼn vrou van Meyerton in Gauteng is Donderdag met ʼn helikopter gered nadat hulle op ʼn staproete tussen Houtbaai en Sandybaai gestrand geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Weerlig tref vrou in PMB
ʼn Vrou is beseer nadat ʼn weerligstraal haar Donderdagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal getref het.
Vrou beseer ná sy uit venster val
ʼn 26-jarige vrou van Tongaat in KwaZulu-Natal het ernstige beserings opgedoen nadat sy deur ʼn oop venster van haar woonstel op die eerste verdieping geval het.
Drie vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Drie mense wat glo beplan het om ʼn private ondersoeker en ʼn polisie-ondersoekbeampte, wat betrokke is by die ondersoek na Radovan Krejcir, te vermoor is Donderdag in hegtenis geneem.
Ondersoek na premier se duur motor
Die wetgewer in Noordwes het ʼn subkomitee saamgestel om ondersoek in te stel na die verkrygingsprosesse wat gevolg is met die aankoop van ʼn motor van R1,3 miljoen vir Thandi Modise, premier van Noordwes.
Gedagte vir die dag: Dors na die Here
Psalm 42:2,3 – Soos ʼn bokkie in die woestyn wat dors is vir water, so het ek ʼn vurige verlange om by U te wees, God!…