Inwoners van Damsonville, ook naby Brits, het Dinsdag begin betoog en paaie met brandende bande en klippe versper. Die polisie is op hoë gereedheid in die gebied en die situasie is gespanne.
Alles vir Dinsdag 14 Januarie 2014
China wil glo maan gebruik vir missielaanvalle op aarde
China se suksesvolle landing van ‘n voertuig op die maan is glo deel van ‘n langtermynplan om die maan as lanseerbasis te gebruik vir missiele op aardse teikens.
Baba L: Verdagte hoor eers later oor borgtog
ʼn Ma en haar kêrel wat van poging tot moord aangekla word nadat hulle glo die vrou se tweejarige dogtertjie mishandel het, het Dinsdag aansoek gedoen om borgtog in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Uitdrukking: In die boontjies raak
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “in die boontjies raak” en hoekom dit ook kan verwys na iemand wat in die moeilikheid beland.
Minister versoek rustigheid in Brits
Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Dinsdag ʼn beroep op inwoners van die Brits-omgewing in Noordwes gedoen dat gemoedere moet kalmeer nadat twee inwoners Maandag glo deur die polisie tydens ʼn gewelddadige diensteleweringsbetoging doodgeskiet is.
Doodstraf vir Chinese arts wat babas verkoop
ʼn Chinese verloskundige is die doodstraf opgelê nadat sy sewe pasgebore babas gesteel en dit aan mensehandelaars verkoop het.
Troepe moet ingryp ná burgeropstand teen Meksiko-dwelmkartel
Die Meksikaanse regering het federale troepe na die deelstaat Michoacan gestuur waar burgerlikes die stad Nueva Italia Sondag oorgeneem en die polisie ontwapen het.
Nuuskommentaar: Wie vermoor Afrikaans?
Dit is reeds ou nuus dat vele staatsinstellings doodgewoon nie mense in Afrikaans kan, of wil bedien nie, maar al hoe meer ervaar Afrikaanssprekendes dat private instansies hulle nie meer in Afrikaans kan, of wil bedien nie.
SAPD wil nou na die konstitusionele hof toe oor Renate Barnard
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil nou die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak na die konstitusionele hof neem. Hofstukke is Maandag op Solidariteit, wat Barnard verteenwoordig, beteken. Solidariteit sal die SAPD se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.
Onderhandelinge duur voort vir Pierre Korkie
Onderhandelinge met ʼn groep ontvoerders wat die oud-onderwyser van Bloemfontein, Pierre Korkie, in Jemen gyselaar hou, gaan Dinsdag hervat.
42 beseer in busongeluk
Altesaam 42 mense is beseer nadat die bus waarin hulle gery het, Maandag in ʼn rivier naby Dordrecht in die Oos-Kaap beland het, het die SAUK berig.
Video vrygestel ná wildtuin-aanval
ʼn Olifantbul is in die Kruger-wildtuin van kant gemaak nadat hy op 30 Desember ʼn egpaar se motor aangeval het. Beeldmateriaal van die voorval het nou aan die lig gekom. (Die video volg onderaan die berig.)
Gada-moord: Man weer in hof
Die man van Durban wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan het, gaan na verwagting Dinsdag in die Chatsworth-landdroshof verskyn wanneer sy borgtogaansoek hervat.
Video: Spoggerige Mala Mala kry nuwe eienaars
Die titelakte van 13 000 hektaar grond in Mpumalanga, wat die wêreldbekende Mala Mala-wildreservaat insluit, is onlangs aan ‘n gemeenskap in die Bosbokrand-munisipaliteit oorhandig.
Baba L: Ma, kêrel weer in hof
ʼn Ma en haar kêrel wat daarvan beskuldig word dat hulle die vrou se tweejarige dogtertjie mishandel het, sal Dinsdag om borg aansoek doen in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Drie vas oor dagga
Drie mans is Maandag in Hartebeeskop, Mpumalanga in hegtenis geneem nadat dagga met ʼn straatwaarde van R1,5 miljoen in hul besit gevind is.
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na twee mense Maandag dood is tydens ʼn betoging in Mothutlung naby Brits in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Prys jou Koning!
Psalm 47:6,7 – Soos ʼn koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense Hom hardop toejuig, so juig ons oor die Here as…