Een van die vier mense wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Krejcir-saak te vermoor, beweer een van die beamptes het “inligting aan gewillige kopers verkoop”, het The Star Donderdag berig.
Alles vir Donderdag 16 Januarie 2014
Taaltoffie: ‘n rekord opstel en ander soortgelyke uitdrukkings
Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van “rekord” wanneer atlete presteer en die vertaling van die Engelse “record”
Canyon groter as Grand Canyon in Antarktika ontdek
Britse wetenskaplikes het ‘n reuse canyon onder etlike kilometer dik ys in Wes-Antarktika gevind.
Montecasino-moord: “Dis ʼn ingewikkelde saak”
Die saak teen Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24), wat verdink word van die moord op Dustan Blom (36), is Donderdag weer in die Randburg-landdroshof uitgestel.
Alexander die Grote dalk vergiftig
Alexander die Grote, wat meer as 2 000 jaar gelede kort voor sy 33ste verjaarsdag dood is, is dalk vergiftig.
Tydlose treffers- Manie Jackson
Net meer as drie jaar gelede het die plaaslike musiekbedryf vir die eerste keer van Manie Jackson kennis geneem toe hy ‘n groot treffer met…
Yolande Korkie deel vandag haar storie
Pierre Korkie se vrou, Yolande, wat saam met haar man in Jemen ontvoer en byna agt maande lank aangehou is deur ʼn groep wat glo bande het met Al-Kaïda, gaan Donderdagmiddag die media in Johannesburg toespreek om haar nare ervaring te deel.
Hittegolf tref Gauteng
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag ʼn waarskuwing uitgereik dat ʼn hittegolf Gauteng en sommige dele van die land getref het, wat tot die naweek gaan voortduur.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde vervolg …
Die nuwe jaar was nog skaars twee weke oud toe die eerste plaasmoord plaasvind – die moord op die 61-jarige Sarel Pretorius van die plaas Platfontein buite Barkly-Oos. Volgens AfriForum was dit die vyfde plaasaanval in vier dae.
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) verskyn Donderdag weer in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).
Mandla Mandela in hof oor aanranding
Mandla Mandela, die kleinseun van oud-pres. Nelson Mandela, gaan na verwagting Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn onderwyser aangerand het.
Plaasaanvallers soek borgtog
Ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in die Vrystaat, gaan na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog in die Bothaville-landdroshof.
Video: Ouers pak mekaar voor skool
Waarskuwing: Die video bevat kru taal en beeldmateriaal wat sensitiewe kykers kan ontstel.
Besopene vas na hy Arc de Triomphe se vlam probeer blus
ʼn Besope man is in hegtenis geneem nadat hy die vlam by die
Arc de Triomphe in Parys, Frankryk probeer blus het.
R1,5 m se oortyd vir vier werknemers
Die KwaZulu-Natalse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme het R1,8 miljoen in oortyd aan werknemers betaal in een finansiële jaar, berig die Daily News.
Vermiste Dusi-trofee ná 40 jaar gevind
Die oorspronklike Player-familie se trofee vir die wenner van die Dusi-kanowedvaart is opgespoor nadat dit vir langer as vier dekades vermis was.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (1) – Die keuse is joune
Psalm 1:1-2 – Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,…