Dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van die humanitêre welsynsorganisasie Gift of the Givers wat besig is met onderhandelinge om die Bloemfonteinse onderwyser, Pierre Korkie, se vrylating te bewerkstellig, het Vrydagoggend aan JacarandaFM gesê die groep is “hardekop”.
Alles vir Vrydag 17 Januarie 2014
Uitdrukking: muisneste hê
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “muisneste hê” om te verwys na iemand wat skoon deurmekaar is van verliefdheid.
Nuuskommentaar: Om Korkie-losprys te betaal of nie…
Die land wag in spanning om te sien wat Al Kaïda gaan doen wanneer die spertyd om meer as R32 miljoen vir die vrylating van die Suid-Afrikaner, Pierre Korkie te betaal, verstryk.
Resep: Pekelvarktjops en gebraaide tamaties
Die pekel van vleis is ‘n proses waar die vleis in ‘n soutwateroplossing lê voordat dit gaargemaak word. Anders as wat algemeen aanvaar word, maak dit nie die vleis te souterig nie. Inteendeel, dit maak die vleis net soveel sagter en sappiger. Beslis die moeite werd.
Ouers in hof wat dogter té hard laat oefen
Die ouers van ʼn tienjarige sportster verskyn Vrydag weer in die Bloemfonteinse landdroshof nadat hulle haar glo só hard laat oefen het, dat hulle van poging tot moord en kindermishandeling aangekla word.
Baba L se ma hoor dalk vandag oor borg
Die 20-jarige ma en haar 33-jarige kêrel wat daarvan verdink word dat hulle glo die ma se tweejarige dogtertjie mishandel het, sal moontlik Vrydag hoor of hulle op borgtog vrygelaat gaan word.
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
ʼn Vyfde persoon is in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Radovan Krejcir-saak te vermoor.
Drie sterf in trompop botsing
Drie mense is dood en vier beseer na ʼn botsing reg van voor in Tongaat, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die Psalms (2) Die weg van wysheid
Psalm 111:10 – Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand….