ʼn Metropolisiebeampte is beseer nadat hy omgery is tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in Soweto, Johannesburg.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Januarie 2014
Vrou glo deur haar suster vermoor
ʼn 22-jarige is vrou is dood nadat sy glo deur haar suster met ʼn kombuismes gesteek is in Ikageng naby Potchefstroom in Noordwes.
Verhoging van R45 miljoen vir regering
President Jacob Zuma het ʼn salarisverhoging van R45 miljoen vir die regering goedgekeur, berig die Sunday Independent.
Polisie vra swaar vonnisse vir drie wat oues bedrieg
Die polisie in Limpopo sê ʼn vrou en twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle bejaarde mense bedwelm en vir dood agtergelaat het ten einde hulle te bedrieg, swaar gevonnis moet word vir hul beweerde misdade.
Vier vas vir poging tot moord en kaping
Vier kapers is in hegtenis geneem nadat hulle op polisiebeamptes losgebrand het in Alexandria in die Oos-Kaap.
Vyf doodgeskiet, drie beseer tydens partytjie
Vyf mans is Saterdagaand doodgeskiet en drie mense beseer tydens ʼn partytjie in Sankontshe in KwaZulu-Natal.
Agt soek wat glo verkrag, roof
Die polisie in Limpopo is op soek na agt mans wat glo twee vroue verkrag het en gewapende rooftogte uitgevoer het op drie plase in Taganashoek in die Tzaneen-omgewing.
Raaisel oor SA se satelliet van R1,2 miljard
Suid-Afrika en ʼn maatskappy van Rusland het agt jaar gelede glo ʼn transaksie aangegaan vir ʼn satelliet van R1,2 miljard maar dit is egter onduidelik of die satelliet in gebruik is of enigsins bestaan, berig die Sunday Times.
Driejarige se lyk gekry; ma vas
‘n Ma van Skotland is in hegtenis geneem nadat haar driejarige seuntjie verdwyn het en sy liggaam later gevind is.
Man vas vir ses moorde
‘n Man wat gesoek was in verband met ses moorde is Saterdag in Matatiele in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.
Rower doodgeskiet, twee vas
‘n Man is doodgeskiet en twee in hegtenis geneem in Alexandra, Johannesburg nadat hulle glo ‘n huis in Helderkruin in Roodepoort beroof het.
Twee dood, 11 beseer in ongeluk
Twee mense is dood en 11 beseer nadat ‘n paneelwa Saterdag omgeslaan en teen ‘n wal af gerol het op die R74 tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die Psalms (4) – Die enigste ware God
Psalm 115:1 – Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde…