ʼn Lugredery in Japan het Dinsdag gesê hy sal ʼn televisie-advertensie wysig nadat die maatskappy van rassisme en stereotipering van witmense beskuldig is. Die advertensie volg onderaan die berig.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Januarie 2014
Plaasmoord in Barkly-Oos: Drie verdagtes in die hof
Twee mans en ʼn vrou wat van die moord op Sarel Pretorius, ʼn boer van Barkley-Oos, beskuldig word, het Dinsdag in dié dorp se landdroshof verskyn.
Graad R-leerling sterf toe hy in toilet val
ʼn Sesjarige seuntjie is dood nadat hy in ʼn buitetoilet by sy laerskool in Limpopo geval het.
11 stropers in die wildtuin doodgeskiet
Elf renosterstropers is al sedert die begin van die jaar in die Kruger-wildtuin doodgeskiet, het SANParke Dinsdag gesê.
Man bely musiekonderwyser se moord teenoor kelnerin
ʼn Man is in Durban in hegtenis geneem nadat hy teenoor ʼn kelnerin erken het dat hy ʼn bekende oud-musiekonderwyser van Krugersdorp vermoor en die liggaam by die man se huis begrawe het, berig LookLocal Krugersdorp.
My lewe is in God se hande – Mugabe
President Robert Mugabe van Zimbabwe, wat volgende maand sy 90ste verjaarsdag vier, het gesê hy het nie ʼn geheim om lank te leef nie.
“Baie sterf van vrot water in SA”
Die TLU SA het Dinsdag gewaarsku dat honderde mense in Suid-Afrika sterf weens besoedelde water.
Nuwe Wapenwet reeds in werking
ʼn Nuwe Wapenwet is vroeër vandeesmaand in werking gestel wat mense, wat aan openbare byeenkomste en optogte deelneem, verbied om gevaarlike wapens te dra.
Moordenaar glo nog steeds in diens van polisie
AfriForum het Dinsdag verneem dat ʼn polisiebeampte in Huhudi naby Vryburg steeds in die polisie se diens is ten spyte daarvan dat hy in Oktober 2013 deur regter Landman van die Mafikeng-hooggeregshof aan moord met voorbedagte rade skuldig bevind is.
Video: Jong SA’ner wen ruimtereis
Niemand in Mandla Maseko se familie was al ooit buite Suid-Afrika nie, maar dié jong platejoggie gaan in 2015 besoek aflê aan die ruimte.
ANC-leier in Limpopo ontvoer, aangerand
Tollie Mashamaite, die ANC se streeksekretaris van Waterberg, is Sondag glo deur drie gewapende mans ontvoer en aangerand.
Video: Nazi-gedenkwaardighede laat mense rooi sien
‘n Groep oorlogerfenis-entoesiaste van Suid-Afrika loop deur nadat hulle Nazi-uniforms en -gedenkwaardighede by ‘n motorskou uitgestal en verkoop het.
Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding
ʼn 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft verkrag en aan die brand gesteek het, het Dinsdag in die Belville-landdroshof in Kaapstad verskyn.
Video: Booteienaars, vissermanne woedend
Booteienaars en handlynvissermanne in die Kalkbaai-omgewing dreig met ernstige stappe, indien die departement van visserye nie dringend visvangregte aan hulle toeken nie.
Vermeende bylmoordenaar op waglys vir sielkundige ondersoek
ʼn Man van Orange Farm wat glo erken het dat hy drie van sy familielede met ʼn byl vermoor het, moet sielkundig ondersoek word, het die Vereeniging-streekshof Dinsdag aangehoor.
Video: Waaghalse sonder enige hoogtevrees
ʼn Video van ʼn sogenaamde “vry-klimmer” en waaghals is binne vyf dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Pous pos “pedopater”
‘n Vlaamse priester wat in Kanada teregstaan op aanklagte dat hy tientalle Eskimo-kinders seksueel misbruik het, is deur die pous uit sy amp verwyder.
Padwerker beseer toe voertuig hom tref
ʼn Konstruksiewerker het Dinsdag ernstige beserings opgedoen nadat ʼn voertuig hom op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal getref het.
Prins Charles neem monargfunksie oor – Britse kenners
Prins Charles (65) is besig om sekere van sy 87-jarige ma, koningin Elisabeth, se funksies oor te neem, berig The Independent wat grondwetkenners aanhaal.
Man vas vir Limpopo-plaasaanvalle en -verkragtings
ʼn Man wat vermoedelik deel is van ʼn groep mans wat verantwoordelik was vir plaasaanvalle in die Tagana’s Hoek-omgewing naby Letsitele, is in hegtenis geneem.