Daar is glo genoegsame bewyse om ʼn “plofbare ondersoek” na die NSA se meeluistering van die Duitse kanselier Angela Merkel se telefoon te regverdig.
Alles vir Dinsdag 21 Januarie 2014
2 sterf, kind kritiek ná bakkie sonder kappie rol
Twee mans is dood en ʼn 10-jarige meisie is kritiek beseer nadat die bakkie waarop hulle gery het Maandag in die Vrystaat gerol het.
Fotobewyse van massa doodmarteling in Siriese tronke
Meer as 50 000 foto’s wat bewys dat duisende gevangenes in Siriese tronke doodgemartel is, is aan die lig gebring.
Vermeende bylmoordenaar weer in hof
ʼn Man van Orange Farm wat glo erken het dat hy drie van sy familielede met ʼn byl vermoor het, verskyn Dinsdag weer in die Vereeniging-streekshof.
Uitdrukking: Sonder blik of bloos
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “sonder blik of bloos”
Bafana-afrigter “baie goed met sy werk” – Zuma
President Jacob Zuma het Bafana Bafana en die afrigter Gordon Igesund ondersteun nadat Fikile Mbalula, minister van sport, die span Maandag skerp gekritiseer het, het SAfm Dinsdag berig.
Egpaar bedank glo na gebaretolk-debakel
Twee ANC-werknemers wat verbind word aan die bedrieglike gebaretolk wat ʼn oproer veroorsaak het tydens oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens, het glo bedank.
Bakkieverkope wisselvallig
Die beste en swakste verkopers in die bakkie-mark vir November tot Desember 2013.
Yolande Korkie nie in staat tot onderhoude nie
Die familie van Yolande Korkie, die vrou van Pierre Korkie wat deur Al-Kaïda-militante in Jemen gyselaar gehou word, het Dinsdag gesê sy gaan nie meer verdere media-onderhoude toestaan nie.
Video: Terroris dros tydens ‘tronkvakansie’ – dreig weer
‘n Veroordeelde Griekse terroris wat nie na ‘n “tronkvakansie” na die gevangenis teruggekeer het nie, dreig nou om sy terreur te hervat.
Staking deur Amcu kan goudbedryf lamlê
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se voorneme van ʼn moontlike staking in die goudbedryf.
Oud-Bloubul weer in hof vir bylmoorde
Die verhoor van die voormalige Bloubul-rugbyspeler wat daarvan verdink word dat hy vier mense vermoor het, hervat Dinsdag in die Durbanse hooggeregshof.
Nuuskommentaar: Stakings, demokrasie en Ramaphosa se windeier
Dit sal Ramaphosa loon om ‘n oomblik te besin of die “Mickey Muis”-partye nie dalk sou moes uithaal om ‘n groter gemors as die ANC aan te rig nie.
Video: Wes-Kaapse boere kom tot die redding
Boere in die droogtegeteisterde gebiede van Noordwes en die Noord-Kaap kan straks voor die einde van die maand reeds geldelike en voerskenkings ontvang.
Negejarige verkrag, verbrand
ʼn 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie verkrag en aan die brand gesteek het, sal Dinsdag in die Belville-landdroshof verskyn.
Video: Kinders hang by venster uit om leeus af te neem
ʼn Video wat wys hoe twee jong kinders by ʼn voertuig uithang terwyl twee leeus sowat 3 m van hulle af in die teerpad lê in die Krugerwildtuin is op Youtube gelaai.
Man se liggaam by substasie gevind
Die liggaam van ʼn man is by ʼn elektriese substasie tussen Roodepan en Barkley-Wes in die Noord-Kaap gevind.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (6) – God in my hart
Psalm 19:15 – Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my…