Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoofkantoor het Woensdag weer teen volle kapasiteit gewerk nadat die gebou Dinsdag ontruim is toe ʼn verdagte wit poeier daar gevind is.
Alles vir Woensdag 22 Januarie 2014
Minstens een dood in Oekraïne-betoging
Minstens een persoon is dood in die betogings op die Onafhanklikheidsplein in Oekraïne se hoofstad, Kief.
Plaasaanval-verdagte bly in aanhouding
ʼn Man wat vermoedelik deel was van ʼn groep van agt mans wat oor die naweek verantwoordelik was vir drie plaasaanvalle en die verkragting van twee vrouens in die Tagana’s Hoek-omgewing, het Dinsdag in die Letsitele-landdroshof verskyn.
Zuma bekragtig wet ondanks rigtinggewende hofuitsprake
Die vakbond Solidariteit het Woensdag sy kommer uitgespreek oor president Jacob Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming.
Resep: Paddakolwyntjies
Paddakolwyntjies en ‘n heerlike kolwyntjieresep vir ‘n kinderpartytjie
Nuuskommentaar: Godsdiens, sport, terreur en politiek
Iewers, waarskynlik in die ANC se “godsdienslessenaar”, het iemand geoordeel die ANC kan stemme werf deur die godsdienskaart te speel, sportpolitiek is deurlopend aanwesig en die woord “kwotas” duik onder meer gereeld op, en een van die mees emosionele dinge wat die huidige regering gedoen het, was om die e-tol teen wil en dank deur te voer.
Man dagvaar Eskom omdat sy gebede kragonderbrekings voorkom het
ʼn Man van Noordwes dagvaar Eskom vir R250 miljoen omdat hy beweer sy gebede het verhoed dat kragonderbrekings tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 voorgekom het, het Beeld Dinsdag berig.
Winkeleienaar skiet rower dood
ʼn Man is Dinsdag doodgeskiet en ʼn ander gewond tydens ʼn mislukte besigheidsroof in Gauteng.
Gedig: In die klein gemeentes
Prof TT Cloete se gedig, “In die klein gemeentes”
Video: Rooivleis word óók duurder
Buiten vir die swak rand, hoë petrolpryse en pluimvee wat al hoe duurder word, gaan jy vanjaar ook meer vir rooivleis moet opdok.
Foto: Uitsonderlike blou diamant by Cullinan gevind
ʼn Seldsame blou diamant van 29.6-karaat is in die Cullinan-myn, oos van Pretoria, gevind.
Sam Cowen gaan ysige seewater aandurf
Samantha Cowen, die bekende televisie- en radiopersoonlikheid, gaan Woensdag die ysige seewater aandurf en die 7.5 km van Robbeneiland na Bloubergstrand swem.
R7 miljoen vir ʼn bottel whisky
Een bottel whisky is vir bykans R7 miljoen op ʼn veiling in Hong Kong verkoop.
Gestremde man glo met kokaïen betrap
ʼn Gestremde man is Dinsdag met meer as 1 kg kokaïen in sy bagasie by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap.
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Biologiese toetse het bewys dat die verdagte wit poeier wat Dinsdag by Sanral se bedryfsentrum in Pretoria aangetref is, nie antraks is nie.
Beeldhouers vra om verskoning oor Mandela-hasie
Die beeldhouers van die nuwe standbeeld van oud-president Nelson Mandela by die Uniegebou het om verskoning gevra oor die hasie wat hulle tot die werk bygevoeg het.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (7) – Wie is ek?
Psalm 8:5 – Wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? Het jy al in die stilte…