Die polisie in Miami Beach het bevestig dat die sanger Justin Bieber Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol was.
Lees meerAlles vir Donderdag 23 Januarie 2014
14-jariges verkrag glo 11-jarige seun
ʼn 11-jarige seun is glo deur twee ander minderjariges by Doornkop-begraafplaas in Soweto verkrag.
Gestremde in die hof oor kokaïen
Nico Jansen van Vuuren (46), wat glo met kokaïen ter waarde van nagenoeg R350 000 by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap is, het Donderdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.
Tronkbewaarder skiet verloofde, self
ʼn Tronkbewaarder van Johannesburg het Donderdag eers sy verloofde geskiet voordat hy homself buite ʼn supermark in Denver, Johannesburg, doodgeskiet het.
Twee vas oor ontvoerings, verkragtings in Oos-Londen
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en verkragting van vroue in Oos-Londen.
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Die vakbond Amcu, wie se lede tans aan ʼn staking deelneem by die wêreld se top drie platinummyne, het Donderdag gesê hy is bereid om die onderhandelinge te hervat indien die regering toetree.
Oscar onderhandel met Reeva se ouers
Oscar Pistorius se prokureurs onderhandel al vir ses maande lank buite die hof met verteenwoordigers van die vermoorde Reeva Steenkamp se ouers.
Mans in JHB met R8 miljoen-vuurpylpunt betrap
Twee mans is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat hulle met die kop van ʼn vuurpyllanseerder betrap is.
Graad R-pakslae: Saak by NVG
ʼn Saak van aanranding wat teen ʼn onderwyseres van Koppies aanhangig gemaak is nadat sy glo ʼn Graad R-leerling met die plathand pakslae gegee het, is by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien.
Video: Faan gaan jou hart steel
Die nuwe Afrikaanse rolprent Faan se Trein is binnekort op die silwerskerm te sien en is beslis een wat nie gemis moet word nie.
Video: “Sanral oortree Wet op Verbruikersbeskerming”
Sommige kenners meen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is besig om die Wet op Verbruikersbeskerming te oortree.
Pierre Korkie lewe – Ebrahim
Pierre Korkie, wat deur Al-Kaïda-militante in Jemen ontvoer en as gyselaar aangehou word, is lewend.
Nuwe spesie rivierdolfyn ontdek
‘n Nuwe spesie rivierdolfyn is in die Araguaiarivier in Brasilië ontdek, berig die BBC.
Video: Vrou buite nagklub doodgeslaan – organe geskenk
‘n Kaliforniese vrou wat kunsmatig aan die lewe gehou is nadat sy verlede Vrydag buite ‘n nagklub in Santa Ana aangerand is, is dood na haar organe op haar versoek geskenk is. ‘n Video van die voorval is onlangs vrygestel.
Nuuskommentaar: Vuurhoutjie by die kruitvat
Amcu-staking: Die boodskap is duidelik… maak nou amok, en die kanse is goed dat die regering gaan vinger trek weens die komende verkiesing. Ongelukkig soms nog ook die vinger op die sneller…
Man doodgeskiet tydens Roodepoort-betoging
ʼn Polisiebeampte het Donderdag ʼn betoger in Roodepoort doodgeskiet.
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Amcu het Donderdag die Lonmin-myngroep se bestuur daarvan beskuldig dat hulle busse gestop het wat stakende mynwerkers na die Wonderkop-stadion in Marikana moes vervoer om deel te neem aan die eerste dag van ‘n loonstaking by platinummyne in Noordwes.
AfriForum stel verskerpte aksieplan teen plaasmoorde bekend
AfriForum het Donderdag in Centurion ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekendgestel.
Lochner de Kock se nuwe CD
Lochner de Kock is in Februarie by die Pierneefteater in Pretoria te sien.
“Daar gaan my honeymoon budget,” sê Steve ná hofuitspraak
Steve Hofmeyr het Donderdagoggend weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en die oorskryding van die spoedgrens.