Die brandslagoffer Pippie Kruger se ma, Anice, het aanvanklik haar persoonlike bankrekening gebruik vir donasies, het Beeld Donderdag berig.
Alles vir Donderdag 23 Januarie 2014
“Hacker”-koning Guccifer aangekeer
Die Roemeense owerhede het vermoedelik die kuberkraker, wat onder die naam Guccifer berugtheid verwerf het, aangekeer.
Hebreeus in die Afrika-konteks onder die loep
Die pasgestigte departement Hebreeus aan die Universiteit van die Vrystaat bied binnekort ʼn internasionale konferensie aan oor Hebreeus in die Afrika-konteks.
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen
Ontevrede Amcu-lede het Donderdagoggend stadig begin saamdrom by die Wonderkop-stadion vir die beplande staking by platinummyne in Noordwes.
Aansoeke vir slim ID-kaarte begin binnekort
Die departement van binnelandse sake het Donderdag bekend gemaak dat die publiek binnekort hul aansoeke vir die nuwe slim ID-kaarte kan indien.
Vyf uitlanders vas vir dwelms in JHB
Vyf uitlanders wat daarvan verdink word dat hulle dwelmhandelaars is, is Woensdag in Yeoville in Johannesburg in hegtenis geneem.
Oorsake van dood van Afrikaanse kunstenaars
Al Debbo- Longontsteking Bles Bridges- Motorongeluk Christa Steyn- Kanker Cora-Marie- Kanker Dwayne Venter (Raapie Knaapie van DJ Ossewa)- Motorongeluk Fanie Fouche- Longontsteking Gert Potgieter- Motorongeluk…
Nuuskommentaar: Hoekom is die Olimpiese Winterspele ‘n terreurkwessie?
Met die gyselaarsvoorval van die Suid-Afrikaner, Pierre Korkie, wat in Jemen deur Al Kaïda vir ‘n losprys aangehou word, het die kwessie van internasionale terreur weer onder Suid-Afrikaners se aandag gekom.
Taalgebruik: Die verfoeilike “f” en “v”
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die spelling van woorde wat met ‘n “f” of ‘n “v” begin. Hiermee ‘n paar voorbeelde.
Robotte gaan dalk Amerikaanse soldate begin vervang
Die moontlikheid om Amerikaanse soldate met robotte te vervang, word tans ondersoek.
Video: “Regering se droogtehulp onvoldoende”
Boere in die sentrale dele en weste van die land ervaar die ergste droogte in 20 jaar. Daar is kritiek uit verskeie oorde dat die landboudepartement se plan om hulp te verskaf ondoeltreffend is en swak bestuur word.
Reeksverkragter gaan lank sit
ʼn Zimbabwiese landdros het ʼn man, wat skuldig bevind is aan 13 aanklagte van verkragting, tot 290 jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die langste vonnis wat in die land se geskiedenis opgelê is.
Motorfietsryer ry voetganger dood
ʼn Voetganger is Woensdagmiddag dood nadat ʼn motorfietsryer hom op die M13-snelweg naby Pinetown in KwaZulu-Natal getref het.
Betogers versper paaie in Roodepoort
Betogers in Roodepoort, Johannesburg, het Donderdagoggend paaie in die gebied met klippe en brandende bande versper.
Mthembu: ‘DA tart ANC’
Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, sê die DA lok die ANC uit met hul voorneme om na die regerende party se hoofkantoor te betoog.
Baba L: Ma, kêrel se borgaansoek duur voort
Die 20-jarige ma en haar 33-jarige kêrel wat daarvan verdink word dat hulle glo die ma se tweejarige dogtertjie mishandel het, se borgaansoek gaan Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof voort.
Steve weer in hof oor spoed
Die sanger Steve Hofmeyr sal Donderdag weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en die oorskryding van die spoedgrens.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (8) – Lus vir die lewe
Psalm 100:3 – Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Hoe sal…