ʼn Stakingsertifikaat is aan die vakbond Solidariteit uitgereik nadat salarisonderhandelinge met die laekostelugdiens Mango finaal vasgeval het. Solidariteit sal nou met sy lede vergader ten einde op ʼn weg vorentoe te besluit.
Alles vir Vrydag 24 Januarie 2014
Vier polisiebeamptes vas vir Roodepoort-skietery
Vier polisiebeamptes is Vrydagoggend in hegtenis geneem weens ʼn skietvoorval Donderdag in Roodepoort waartydens ʼn betoger gesterf het.
Foto’s en video: Die mees makabere kerk in die wêreld
Die Sedlec-ossuarium is ʼn klein Rooms Katolieke kapel wat onder die Begraafplaaskerk van Heiliges in die Tsjeggiese Republiek geleë is. Die ossuarium bevat die beendere van tussen 40 000 en 70 000 mense wat kunstig uitgestal is. Foto’s en ‘n video volg onderaan die berig.
Styging in brandstofprys verwag
Die rand het Donderdag vir die eerste keer sedert Oktober 2008 deur die vlak van R11 vir elke Amerikaanse dollar gebreek. Dit dra verder by tot die verwagte styging in Suid-Afrikaanse brandstofpryse op 5 Februarie.
Nuuskommentaar: DA-optog: Demokrasie of konflik soek?
Die DA beplan op 4 Februarie ‘n optog van 6 000 ondersteuners, waarvan ‘n duisend werkloos is, na die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis te hou. Die ANC, by monde van Jackson Mthembu, het gereageer deur te sê dit is uitdagend en provokasie tot geweld.
Video: Justin Bieber kry borgtog
Die popster Justin Bieber, is ʼn paar ure nadat hy in hegtenis geneem is op borgtog vrygelaat nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.
Video: Herrie oor Kovsie-studentehuis se “uitsluitlik wit”-advertensie
Professor Jonathan Jansen, die Universiteit van die Vrystaat se rektor, gaan stappe doen teen die bestuur van ‘n studentehuis wat ‘n advertensie vir uitsluitlik wit studente geplaas het.
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Onderhandelings sal Vrydag op die tweede dag van die vakbond Amcu se staking in Noordwes by die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American in Noordwes, plaasvind.
Krejcir-saak hervat
Die Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir, en sy drie medebeskuldigdes verskyn Vrydag in die Palm Ridge-streekshof op aanklag van ontvoering, aanranding en poging tot moord.
Diereregte-organisasie wil Mandela-hasie hê
Die diereregte-organisasie Peta wil die hasie in die regteroor van oudpresident Nelson Mandela se standbeeld by die Uniegebou “aanneem” wanneer dit verwyder word.
Gewapende man deur polisie doodgeskiet ná jaagtog
ʼn Man is Donderdag deur die polisie in Volksrust, Mpumalanga doodgeskiet nadat hy en sy makker glo onder meer polisiebeamptes aangehou het.
Metrobeampte vas oor verkragting
ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou in Protea Glen, Soweto verkrag het.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (9) – ‘n Opdrag van God
Psalm 46:11 – Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. Tussen al die waardevolle juwele in die skatkis…