Josh Henn en André Barnard, vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se tak in Hermanus, het ʼn kajakroeier se lewe gered nadat hy in die see meegesleur is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Januarie 2014
Vroue moet “hulself verander”
ʼn Stadsraad van Spanje word oor die kole gehaal nadat hulle ʼn opleidingskursus gereël het om vroue te help om “beter vroue” te word deur hul persoonlikhede te verander.
Video: Seuntjie sonder arms speel die trompet
Jahmir Wallace (10) van New Jersey in Amerika wat sonder arms gebore is, se drome op ‘n trompet te speel, is bewaarheid.
Mangaung-komplot: Radikale sienings trek polisie se aandag
Die radikale sienings van ʼn man wat glo deel was van die beweerde Mangaung-terreurkomplot in 2012 het die polisie se aandag getrek, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Bedrieër weer in die hof
Rene Borchjes (39) het Dinsdag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn nadat sy glo nie die geld terugbetaal het wat sy gesteel het nie.
Top-polisieman vrygespreek
ʼn Senior polisiebeampte is Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof vrygespreek op aanklag van dronkbestuur en verset teen inhegtenisneming.
Onwettige poskantoorstaking raak gewelddadig
Die Johannesburgse polisie het Dinsdag aan Maroela Media bevestig hulle is bewus van twee gevalle waar onwettige stakende poskantoorwerkers gewelddadig geraak het.
Vermoorde vrou se hart en longe verwyder
ʼn Nadoodse ondersoek van ʼn vrou, wie se verminkte liggaam Sondag naby die Swartruggens-winkelkompleks gevind is, het bewys dat die vrou se longe en hart verwyder is.
Boer byna hele stal en koeitrop kwyt van winde laat
‘n Duitse boer wat sy 90 koeie op stal gehou het, is ‘n deel van sy stal en byna die koeitrop kwyt nadat die koeie soveel winde gelaat het dat dit tot ‘n metaangas-ontploffing gelei het, en die stal se dak afgeskiet is.
Oliphant se plaas glo ʼn “varkhok”
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kimberley het Godfrey Oliphant, adjunkminister van minerale hulpbronne, gewaarsku om sy varkplaas, Kaktusplaas, in Warrenton in die Noord-Kaap skoon te maak of hulle gaan beslag lê op al die diere.
Solidariteit en Mango gaan weer by KVBA onderhandel
Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy op versoek van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verder met die laekostelugdiens Mango gaan onderhandel.
Aarde se magneetveld dalk op die punt om om te swaai – maar nie rede vir paniek
Die aarde se beskermende magneetveld het oor die afgelope 200 jaar al met 15% verswak, en as na vorige magnetiese bollemakiesies gekyk word, is die aarde agter skedule om weer so te maak.
Man in tronk aangerand wat glo 9-jarige verkrag, verbrand
ʼn 27-jarige man van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft verkrag en aan die brand gesteek het, het Dinsdag in die Bellville-landdroshof sy aansoek om borgtog teruggetrek.
China se maantuig het probleme
Terwyl Nasa se Opportunity die stoutste verwagtinge oortref en reeds tien jaar lank op Mars rondrits, is die nuus oor die Chinese tuig op die maan minder goed.
Solidariteit staan SAPD se aansoek om verlof tot appèl in Barnard-saak teen
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksieplan is onregmatig omdat dit raskwotas daarstel wat deur die Wet op Gelyke Indiensneming verbied word, voer die vakbond Solidariteit in sy opponerende stukke in die konstitusionele hof aan.
Suid-Afrika moet nuwe muurproppe kry
Die dae van die bekende driepunt elektriese proppe wat Suid-Afrikaners so goed ken, is getel.
Video: Beste nie-rook-advertensie
ʼn Advertensie wat in ʼn veldtog gebruik is om mense aan te moedig om op te hou rook, doen weer die ronde op sosiale media.
Borgtog vir polisieman wat glo betoger skiet
ʼn Polisieman wat daarvan verdink word dat hy ʼn betoger verlede week in Durban Deep doodgeskiet het, is Dinsdag in die Roodepoortse landroshof op borgtog vrygelaat.
AfriForum Jeug sit voet neer teen e-tol
AfriForum Jeug het besluit om ’n aksie van stapel te stuur teen die omstrede e-tolstelsel. Dit, nadat president Jacob Zuma by die ANC se Manifes-forum op 22 Oktober 2013 in Johannesburg gesê het dat studente moontlik van die stelsel vrygestel kan word.
Bloem-krane droog, rose verwelk, inwoners kook
Inwoners in die noorde van Bloemfontein kan reeds teen môre [Woensdag] weer water in hul krane hê, aldus die minisipaliteit se skakelbeampte.