Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) moes Vrydag weer hul hekke sluit weens studentebetogings. Studente in Johannesburg betoog ook.
Alles vir Vrydag 31 Januarie 2014
Een sterf in Krugersdorp-botsing
Een persoon is dood nadat ʼn voertuig en ʼn vragmotor Donderdagaand in Krugersdorp gebots het.
Nuuskommentaar: Onderwyskwantiteit versus kwaliteit
Dit is baie duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering nie sonder regsaksie ‘n onafhanklike oudit na die kwaliteit van die matriekeksamen sal laat loods nie.
Solidariteit pak DKD weer in hof
Die vakbond Solidariteit pak die departement van korrektiewe dienste (DKD) vandag weer in die arbeidshof in Kaapstad oor die DKD se verontagsaming van die hof se vroeëre uitspraak dat nie net die nasionale rassedemografie in ag geneem kan word by die toepassing van regstellende aksie nie.
McBride ooglopend nie geskik vir Opod-pos nie
Die vakbond Solidariteit het Vrydag die portefeuljekomitee oor polisie se ondersteuning van Robert McBride se benoeming as uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) as onaanvaarbaar bestempel. Solidariteit wil aanstelling, sou dit gefinaliseer word, beveg.
Reën, blitsvloede saai chaos in JHB
Swaar reënval en blitsvloede het Vrydagoggend tot verskeie ongelukke in Johannesburg gelei.
Resep: Aartappelkoekies
Maklike resep vir die heerlikste aartappelkoekies. Lekker saam met braaivleis en ‘n slaai!
Video: Slange se stank laat bure kla
Bure wat oor die ondraaglike stank wat uit ‘n Kaliforniese woonhuis gekom het, gekla het, het die polisie na ‘n huis gelei waarin hulle 350 dooie en twee lewende luislange in aangetref het.
Man vas vir verkragting van 8-jarige
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn agtjarige meisie verkrag het in Zola, Soweto.
Man vas oor vrou se verminkte liggaam
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se verminkte liggaam Sondag naby die Swartruggens-winkelkompleks gevind is.
Wildbewaarder deur renoster aangeval
ʼn Wildbewaarder is ernstig beseer nadat hy deur ʼn swartrenoster aangeval is in die Mkhuze-wildreservaat in KwaZulu-Natal.