Dit is bykans onmoontlik om dié video sonder ʼn glimlag op jou gesig te kyk.
Lees meerAlles vir Saterdag 8 Februarie 2014
Zuma se seun moontlik vir strafbare manslag ondersoek
Die polisie in Gauteng wil nie kommentaar lewer oor besonderhede van ʼn ongeluk in Sandton waarby president Jacob Zuma se seun glo betrokke was nie, berig EWN.
“Agang het geld gesoek” – Zille
Helen Zille, leier van die DA, het gesê Agang SA-leier Mamphela Ramphele se kortstondige ooreenkoms om haarself as die DA se presidensiële kandidaat beskikbaar te stel, was om skenkings te verseker, het die Saturday Star berig.
“Ontvoerders sal Korkie nie teregstel nie”
‘n Bemiddelaar het gesê Al-Kaïda-militante, wat die Suid-Afrikaanse onderwyser Pierre Korkie in Jemen ontvoer het, sal hom, ondanks hul sperdatum vir die oorbetaling van ‘n losprys van R32.5 miljoen, nie teregstel nie.
Noordwes-vloede eis 7
Sewe mense het in Noordwes verdrink nadat swaar reën oorstromings in die gebied veroorsaak het.
Zuma rustig by sy Nkandla-huis
President Jacob Zuma spandeer die eerste dag van die kieserregistrasienaweek by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.
Twee vas oor diefstal van R55 m.-viool
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ʼn viool wat ongeveer R55,4 miljoen werd is.
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
ʼn Werker van Anglo American Platinum is Vrydag tydens betogings by die myn se aanleg naby Northam in Limpopo glo deur die polisie doodgeskiet, het die SAUK berig.
Keniaan gevonnis vir 86-jarige SA’ner se moord
ʼn Man van Kenia is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn 86-jarige Suid-Afrikaner van KwaZulu-Natal in 2010.
Beloftes van behuising vir inwoners
Simon Mofokeng, burgemeester van Midvaal, het Vrydag behuising aan inwoners van Boiketlong in Sebokeng belowe.
Liggaam van 9de Harmony-myner opgespoor
Die liggaam van die laaste myner wat nog soek was ná ʼn brand by Harmony Gold se Doornkop-myn, is Vrydag opgespoor.
Opleiding moet nie ‘n skuldvonnis wees nie – Ramphele
Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, is Vrydag in Kaapstad deur studente toegejuig toe sy haar toewyding aan die party bevestig het.
OVK wil 80% laat registreer om te stem
Stemgeregtigde Suid-Afrikaners kan hierdie naweek nog by die onderskeie stemlokale registreer.
Gedagte vir die dag: Om te besnoei is ʼn daad van geloof
Markus 10:21-22 – “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld aan die armes, en jy sal ʼn…