ʼn Graad R-leerder is dood nadat hy onder ʼn grassnyer beland het by ʼn laerskool in Soweto, Gauteng.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Februarie 2014
Ses gevonnis vir moord op bejaarde egpaar
Ses mans, waarvan drie minderjarig is, het skuldig gepleit op aanklagte dat hulle Gordon (78) en Lorraine Adam (63) vermoor het en is Dinsdag in die hooggeregshof in die Vrystaat gevonnis.
Midmar-swemmer steeds vermis
Reddingspanne soek steeds na Herman van Straten (43) wat Saterdag vermis geraak het tydens die Midmar-myl in Howick, KwaZulu-Natal.
Ma neem glo ook eie lewe na seun se selfmoord
ʼn Ma van Pretoria het glo vroeër die week haar eie lewe geneem kort nadat haar seun homself geskiet het.
Nege vas na moord op drie mans
Nege mense is in hegtenis geneem in verband met die dood van drie mans in Noordwes.
Groot Zim-dam gee mee – duisende verskuif
Deurdringende reën het die groot Tokwe-Mukosi dam wat nog in aanbou is, gedeeltelik laat meegee.
Waterkloof-vier vrygelaat
Die sogenaamde Waterkloof-vier is Dinsdag onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat.
Video: Die effek van die droogte in NW
As die reën in Noordwes vanjaar ‘n week later geval het, sou talle boere hulle plase moes verkoop.
Miljoene jongmense registreer – OVK
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag gesê miljoene jongmense het registreer om in vanjaar se algemene verkiesing te stem.
Bekende prediker en skrywer sterf
Dr. Willie Marais, ‘n bekende predikant en skrywer, is Sondagoggend in die ouderdom van 84 oorlede. Hy het aan Parkinson se siekte en kanker gely.
AfriForum koop “moedertaalonderrig” vir alle Suid-Afrikaners
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die woord “moedertaalonderrig” eksklusief aangekoop as deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se fondswerwingsprojek, “Borg ʼn Woord”.
Reeva Steenkamp se ouers soek berusting
Reeva Steenkamp wat op Valentynsdag verlede jaar deur Oscar Pistorius doodgeskiet is, se familie het Dinsdag, enkele dae voor die eerste herdenking van haar dood, gesê hulle soek berusting.
Ses dood ná hulle teenvriesmiddel drink
Ses mense is dood en ‘n vrou lê blind in die hospitaal ná ‘n drinkorgie in Rusland waartydens ook teenvriesmiddel gedrink is.
JHB-dieretuinstaking verby
Bedrywighede by die Johannesburgse dieretuin is weer terug na normaal nadat ‘n paar werknemers Maandag gestaak het.
AfriForum doen regstappe ter behoud van dienspligtiges se status as militêre veterane
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om stappe te doen ter behoud van nasionale dienspligtiges van die voormalige weermag se status as militêre veterane.
Iran toets langafstandmissiel
Iran het Maandag twee nuwe missiele getoets – ‘n langafstand ballistiese missiel en ‘n grond-tot-grond lasergeleide missiel wat met groot akkuraatheid afgevuur kan word.
Madibeng-munisipaliteit onder administrasie
Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het Dinsdag aangekondig dat die problematiese Madibeng-munisipaliteit onder die provinsie se administrasie geplaas is.
Studente sit letterlik voet neer teen e-tol
AfriForum Jeug saam met talle studente het Maandag by die Universiteit van Pretoria voet neergesit teen die e-tolstelsel. ‘n Reusebanier is van die oggend af vol voetspore getrap as deel van AfriForum Jeug se veldtog teen e-tol.
Nuuskommentaar: Stand van grondwetlike demokrasie 24 jaar na Mandela se vrylating
Dit is vandag presies 24 jaar sedert oud-pres. Nelson Mandela as vry man by Victor Verster se gevangenis uitgestap het.
Sataniese ritueel: Twee ander skuldiges vandag gevonnis
Lindon Wagner en Robin Harwood, wat verlede jaar skuldig bevind is aan moord, poging tot moord en aanranding op Kirsty Theologo tydens ʼn sataniese ritueel, gaan na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge gevonnis word.