Talle kiesers het die naweek van registrasiepunte op die Kaapse Vlakte weggebly uit vrees vir geweld. In Manenberg het bendes glo op ‘n registrasiepunt geskiet.
Alles vir Dinsdag 11 Februarie 2014
Dwelmmuil in Durban gevang
ʼn Vermeende dwelmmuil, ʼn 53-jarige vrou, verskyn binnekort in die hof nadat sy Sondag by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem is.
Man in hof ná hy vrou verwurg
ʼn 49-jarige man van Noordwes verskyn Donderdag in die Stilfontein-landdroshof nadat hy glo ʼn 39-jarige vrou van die dorp verwurg het.
‘Waterkloof-vier’ vandag vry mans
Die sogenaamde Waterkloof-vier gaan vandag as vry mans by die tronk uitstap.
Dossiere by KZN-polisiestasie gesteel
Die KwaZulu-Natalse polisie het bekend gemaak dat 95 dossiere uit die Alexandraweg-polisiestasie in Pietermaritzburg gesteel is.
Twee polisiebeamptes, ‘verkragter’ vas
Twee polisiebeamptes en ʼn beweerde verkragter is in hegtenis geneem nadat laasgenoemde die beamptes glo omgekoop het.
Gedagte vir die dag: Die Here let op jou trane
Psalm 56:9 – U weet deur hoeveel pyn en hartseer ek al is. My trane sal ʼn dam vol maak. U het daarvan boek gehou,…