Die ANC-jeugliga en Young Communist League (YCLSA) gaan Woensdag ʼn menslike ketting om die ANC se hoofkantoor by Luthuli House vorm voor die DA se betoging vir “ware” poste afskop.
Alles vir Woensdag 12 Februarie 2014
Oscar Pistorius skik glo buite die hof oor aanrandingsaak
Oscar Pistorius het glo buite die hof geskik nadat hy ʼn vrou van Pretoria, Cassidy Taylor-Memmory, glo in 2009 by sy huis aangerand het, berig Eyewitness News.
Sataniese ritueel: Vonnisoplegging duur voort
Die twee nefies, Lindon Wagner en Robin Harwood, wat verlede jaar skuldig bevind is aan moord, poging tot moord en aanranding op Kirsty Theologo tydens ʼn sataniese ritueel, se vonnisoplegging gaan Woensdag voort in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge.
“Teenvriesmiddel” veroorsaak nattigheid op Mars
Die bekende nattigheid wat teen sommige van Mars se kraterwande uitslaan wanneer dit warm bak, en lyk soos syferwater wat daarteen afkronkel, is pekel met verskillende ysterkombinasies wat as ‘n “teenvriesmiddel” beskryf word.
Video: 77 sterf, 1 oorleef vliegongeluk
Altesaam 77 mense is dood nadat ʼn weermagvliegtuig Dinsdag in Algerië neergestort het. Slegs een persoon het die ongeluk oorleef.
DA-optog in Johannesburg
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, sal Woensdag lede van haar party lei in ʼn betoging vir “ware” poste.
SA-man sterf tydens ekspedisie
Johannes Adriaan Hoffman, ʼn lid van die oorwinterspan, is Dinsdagoggend vroeg tydens sy tweede ekspedisie na Gough-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan oorlede.
Trifecta-klagtes is “belaglik”
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag gehoor dat die klagtes teen die Trifecta-groep en ander beskuldigdes “belaglik” is.
Gedagte vir die dag: Breek uit en leef
Die vyand is daarop uit om ons te laat glo dat daar geen uitweg uit ons krisisse is nie. Dít is egter ’n leuen. By…