ʼn Motorfietsryer is Vrydagoggend in North Riding in Johannesburg doodgeskiet tydens ʼn vermeende padwoedevoorval.
Alles vir Vrydag 14 Februarie 2014
Poskantoor kry nuwe direkteure
Vier nuwe nie-uitvoerende direkteure is deur die kabinet aangestel om op die raad van die Suid-Afrikaanse Poskantoor te dien om die direkteure te vervang wat uitgetree het nadat die omstrede voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, die trekpas gegee is.
Nuuskommentaar: Geweld is apartheid se skuld – staatsrede
Die swakste staatsrede in Suid-Afrika se geskiedenis. Dit is min of meer die konsensus onder gerekende analiste, opposisiepolitici en die internetkommentare.
Sterftes, kragonderbrekings deur VSA storm
Minstens tien mense is dood en sowat 600 000 mense in die suidooste van die VSA sit sonder krag na die soveelste ysige storm wat groot dele van die VSA dié winter in ‘n beergreep beet het.
Ses jong mans deur weerlig getref
Ses jong mans is beseer nadat hulle Donderdag laatmiddag deur weerlig in Beyers Naudeweg in Honeydew, Johannesburg, getref is.
Video: “Help ons om die pikkewyne te red”
Die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Kaapstad het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om te help keer dat die getalle van die bedreigde Afrikapikkewyn verder daal.
AfriForum meen staatsrede is gekenmerk deur ontkenning van brandpunte
“President Jacob Zuma se 2014-staatsrede is gekenmerk deur ʼn ontkenning van die vernaamste probleme wat Suid-Afrika tans in die gesig staar en bied daarom ook geen hoop op die vind van volhoubare oplossings daarvoor nie.” Dit is die mening van die burgerregte-organisasie, AfriForum.
Staatsrede: “Miljarde word spandeer terwyl Jan Alleman die rekening moet delg”
President Jacob Zuma se staatsrede dui op groeiende staatsbetrokkenheid in Suid-Afrika se ekonomie. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is eskalerende besteding op staatsinfrastruktuur en onregverdige bevoorregting die ekonomiese fokus van die president se toespraak.
Man kla Spur aan oor ribbetjies
’n Man het die Spur-restaurantgroep by die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS) aangekla oor die restaurant se 200g ribbetjies wat volgens hom in der waarheid nie soveel weeg nie.
Pierre Korkie leef sê bron
Pierre Korkie, wat deur Al-Kaïda millitante in Jemen ontvoer en as gyselaar aangehou word, is steeds lewendig, het ʼn regeringsgesinde burgermagleier aan AFP gesê.
Oscar breek sy stilte
Oscar Pistorius het vandag presies ʼn jaar nadat sy modelmeisie Reeva Steenkamp op 14 Februarie in sy huis in Pretoria doodgeskiet is, die eerste keer sy stilte gebreek.
Gedagte vir die dag: Die Here se liefde vir jou is onmeetbaar groot
Psalm 57:10, 11 – Tussen verskillende volke sal ek U prys, Here. Ek sal lofliedere sing om U tussen vreemde nasies te eer. Ek doen…