Die twee Suid-Afrikaanse sendelinge wat op pad na ʼn uitreikaksie in Namibië vermis geraak het, is ongedeerd gevind.
Lees meerAlles vir Maandag 17 Februarie 2014
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Die sosiale netwerk Facebook was vandag behoorlik aan die gons oor twee van die sogenaamde Waterkloof-vier wat weer in hegtenis geneem is.
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’
Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê die SAUK het miljoene rande verloor weens die optrede van Hlaudi Motsoeneng, die openbare uitsaaier se waarnemende hoof operasionele bestuurder (COO).
Polisie moet opdok na hulle vrou glo aanrand
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal het die minister van polisie beveel om skadevergoeding aan ʼn vrou te betaal nadat sy glo in polisie-aanhouding aangerand is.
‘Vordering’ in Korkie-saak
Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê daar is vordering gemaak om die vrylating van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat in Jemen ontvoer is en aangehou word, te bewerkstellig.
Video: Sinkgat sluk agt unieke Corvettes in
Strukturele ingenieurs probeer steeds bepaal wat daartoe gelei het dat ‘n 9 meter diep sinkgat by die nasionale Corvette-museum in Kentucky, Amerika, agt van dié unieke voertuie “ingesluk” het.
Padwoedevoorval: Verdagte kry borgtog
Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), Vrydag in Malibongwerylaan in Johannesburg tydens ʼn padwoedeaanval doodgeskiet het, is Maandag in die Roodepoortse landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Man gevonnis vir verkragting van verstandelik gestremde man
ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn verstandelik gestremde man.
Nuwe regspan vir Thandi Maqubela
Thandi Maqubela, ʼn veroordeelde moordenaar, het ʼn nuwe prokureur aangestel kort voor haar vonnisoplegging Maandag sou begin het, het die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.
Foto: Kenners in Boston verstom oor Pippie se vordering
Anice Barnard Kruger, die ma van die brandslagoffer Pippie Kruger, het Maandag gesê kenners in Boston is verstom oor hoe goed Pippie se vel lyk.
VSA wil Noordpool-verteenwoordiger aanstel
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, John Kerry, het aangekondig dat die VSA ‘n verteenwoordiger vir die Noordpool gaan aanstel.
Man moor glo oor sonbril
ʼn Man het Donderdag in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy glo vroeër vandeesmaand ʼn 33-jarige motorwag buite ʼn winkelsentrum in die dorp oor ʼn sonbril vermoor het.
Video: “Onaantasbare” predikant sterf weens slangbyt
‘n Amerikaanse prediker wat as “slangbesweerder” tydens dienste verklaar het dat slangbyt nie gevaarlik is vir gelowige Christene wat deur God geseën is nie, is dood toe ‘n slang hom Saterdagaand tydens ‘n diens gepik het.
Amcu-staking: Amplats dagvaar vir miljoene
Anglo American Platinum (Amplats) gaan die Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu) vir R591 miljoen dagvaar, aangesien hy miljoene rande per dag verloor weens Amcu se staking.
Video: 100-jarige vriende
Irene Cook en Alice Jensen, twee oumas van Chicago, is altwee in 1913 gebore en is nou al die afgelope 94 jaar lank vriende.
WAT Woord van die Week: Vaaltyn
Die WAT Woord van die Week is “Vaaltyn”.
Maroela Media Top 20 17 Februarie 2014
Pad na jou hart- Joe Foster Grootword in die onderdorp- Elke Jan Rhaap Ek sal- Juanita du Plessis en Theuns Jordaan Vir ewig- Lee Scott…
Wat maak jou gelukkig?
Henk Gous bevestig in Wat maak jou gelukkig? dat mense dikwels op die verkeerde plek soek vir geluk.
Vliegtuig van Ethiopië gekaap
ʼn Vliegtuig van Ethiopian Airlines met sowat 200 passasiers aan boord is Maandagoggend van Addis Abeba onderweg na Rome gekaap.
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-4 wat Sondag weer in hegtenis geneem is nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria was, gaan vir 72 uur lank aangehou word terwyl die voorval ondersoek word.