Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Dinsdag Sanral beveel om faktuurprobleme wat met die e-tolstelsel in Gauteng verband hou, te korrigeer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Februarie 2014
Aansoeke om Oscar-saak uit te saai
Mediahuise gaan Woensdag by die Pretoriase hooggeregshof aansoek doen om Oscar Pistorius se moordsaak regstreeks uit te saai.
Beloning aangebied ná transitorooftog in Kaapstad
SBV het ʼn beloning van R100 000 aangebied nadat sy transitospan in Athlone in Kaapstad van ʼn onbekende bedrag kontant beroof is.
Arno Carstens: Saak duur voort
Die musikant Arno Carstens se dronkbestuur-hofsaak is Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel.
Beetge uit Brasiliaanse tronk vrygelaat
Tessa Beetge, die veroordeelde dwelmmuil, is ná vyf en ʼn half jaar uit ʼn Brasiliaanse tronk vrygelaat, het die SAUK Dinsdag berig.
Subredakteur spring glo na sy dood by Naspers-sentrum
Alan Bowen, ʼn 46-jarige vryskut-subredakteur van Media 24 sedert 2009, is Sondag dood nadat hy glo van die dak van die Naspers-sentrum in Kaapstad gespring het.
Man sterf tydens plaasongeluk
ʼn Man is Dinsdagoggend in ʼn trekkerongeluk op ʼn plaas naby Vanderbijlpark in Gauteng dood.
Video: Jong Suid-Afrikaner wen internasionale sangkompetisie
Filipa Carmo da Silva, ʼn 18-jarige Suid-Afrikaanse sanger wat groot opslae maak op YouTube, is Dinsdagoggend as die wenner van die bekende Hollywood-ster en aanbieder, Ryan Seacrest, se sangkompetisie aangewys.
Zuma Presidensie se blitslyn wys Elliot-klagtes weg
Die burgerregte-organisasie AfriForum se lede in Elliot het Dinsdag klagtes by AfriForum se plaaslikeregeringsake-afdeling ingedien omdat die Presidensie se blitslyn klagtes vanuit Elliot wegwys.
Sataniese ritueel: Moordenaars kry groen lig vir appèl
Die neefs Lindon Wagner en Robin Harwood wat verlede week swaar gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo, se aansoek om verlof tot appèl is Dinsdag in die hooggeregshofsitting in Palm Ridge goedgekeur.
Resep: Anysbeskuit
Resep vir anysbeskuit om saam met ‘n koppie boeretroos te geniet.
Vrou sterf, man kritiek na motorfiets teen muur vasry
ʼn Vrou is dood en ʼn man is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure met ʼn motorfiets in ʼn muur in St Michaels, KwaZulu-Natal, vasgery het.
Teazers-moord: George Louca kry geldsake in plek
George Louca, die man wat verdink word van die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, het Dinsdag vlugtig in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Brandstof haal dalk rekordprys
Gauteng-motoriste sal op 5 Maart waarskynlik vir die eerste keer meer as R14 per liter betaal vir 93-oktaan petrol.
Dronk versorgster val Duitse bejaarde dood
‘n Bejaarde Duitse vrou is twee dae nadat haar dronk versorgster op haar geval het, in ‘n hospitaal aan haar beserings dood.
Video: Boere op die aardsdrempel
Richard Finn Gregory, ʼn rolprentvervaardiger van Kaapstad, beplan om ʼn dokumentêr te verfilm oor 800 Boerefamilies wat ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië gevlug het. Daar is steeds sowat 45 mense wat Afrikaans praat en verstaan, maar slegs 10 wat Afrikaans vlot kan praat.
Tekort aan narre in VSA verwag
‘n Tekort aan hansworse is dalk die VSA se voorland.
Gestremde kinders in ongeluk beseer
Altesaam 24 gestremde kinders is beseer nadat ʼn taxi waarin hulle na hul skool vervoer is, Dinsdagoggend op die N14 naby Diepsloot, tussen Johannes en Pretoria, omgeslaan het.
AfriForum bekyk dorpe se water
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag sy eie nasionale Blou- en Groendruppel-takprojek begin. Die projek vorm deel van ʼn inisiatief om die gehalte van munisipale drinkwater en rioolafvalwater in AfriForum se 125 takke landwyd te toets.
Man moor glo eks, hond en homself
Shaun Pretorius, ʼn 32-jarige man van Meyerton, het glo Maandag sy voormalige verloofde, Madezelle Smit (28), met ʼn mes doodgesteek, voor hy homself en haar hond om die lewe gebring het.