Die insident waartydens die student by die Universiteit van die Vrystaat, Muzi Damani Gwebu, aangerand is, is nie ʼn rassekwessie nie, maar wel ʼn bewys dat die sekuriteit op die kampus veel te wense oorlaat.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 Februarie 2014
Video: Outydse oplossing vir ʼn nuwerwetse probleem
Steve Babcock het homself gereeld skuldig gemaak daaraan om terwyl hy bestuur, te bel, of ʼn SMS te stuur of om selfs gou te kyk wat op Facebook gebeur, totdat sy 9-jarige dogter se tegniek, om ʼn toutjie om haar vinger te bind wanneer sy iets moet onthou, hom inspireer het.
Mandela-kinderfonds waarsku oor bedrogspul
Die Nelson Mandela Kinderfonds het die publiek Donderdag gewaarsku oor ʼn bedrogspul wat die Houghton-adres van die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering gebruik.
Mangaung-samesweerders wou glo mortiere koop
Die beweerde Mangaung-samesweerders het glo beplan om twee groot mortiere, 10 kleiner mortiere, dinamiet en ʼn handgranaat aan te skaf, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Donderdag gehoor.
11 sterf in 2014-vliegtuigongelukke
Daar was boonop 12 vliegtuigongelukke in Januarie en 10 in Februarie. Alhoewel van die persone ernstig beseer is, is niemand in dié ongelukke oorlede nie.
JHB-verkeersknoop ná skietery op M2
ʼn Man is Donderdag dood en ʼn ander beseer tydens ʼn rooftog in Crown Mines, Johannesburg.
Suid- en Noord-Koreaanse families herenig – vir ‘n rukkie
‘n 90-jarige Suid-Koreaan wat sy totsienswuiwende dogtertjie laas gesien het toe sy net twee jaar oud was, tel onder die 82 ouer, en 58 jong Suid-Koreane wat gekies is om hul Noord-Koreaanse familielede vir die eerste keer sedert 1953 vlugtig te mag sien.
Duitse skatjagter antieke goudvonds kwyt
‘n Duitse skatjagter wat met ‘n metaalverklikker ‘n skat aan ou Romeinse goue en silwer munte en juwele opgespoor en onwettig uitgegraaf het, is sy vonds kwyt, nadat argeoloë op die vonds beslag gelê het.
Motor van die Jaar 2014
Teen hierdie tyd is dit reeds wyd en syd bekend dat die stalmaat van verlede jaar se wenner – die Porsche Boxster – vanjaar die titel verower het.
Eskom kondig noodtoestand aan
Eskom het Donderdag ʼn noodtoestand in die land se elektrisiteitstoevoer aangekondig en ʼn beroep gedoen op groot nywerheidskliënte om kragverbruik met ten minste 10% te verminder.
Thandi Maqubela se vonnisoplegging uitgestel
Thandi Maqubela se vonnisoplegging vir die moord op haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel.
Taalreël: dogter of meisie?
Verwys mens na “dogters” of “meisies” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in.
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Twee tienerseuns is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die dood van twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel.
Polisiebeampte se verplasing geweier weens “oorkonsentrasie” – Solidariteit
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) weier glo om ʼn kaptein van Gauteng na die Wes-Kaap te verplaas aangesien dit nie in lyn met die SAPD se rasteikens sal wees nie.
Resep: Smoorsnoek
Smoorvis is net so lekker koud en jy kan die oorskiet die volgende oggend met ʼn bietjie mayonnaise op ʼn broodjie eet.
Taxibestuurder gevonnis wat voetganger skiet
ʼn Taxibestuurder is Woensdag in die Johannesburgse landdroshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn voetganger doodgeskiet het.
Facebook koop WhatsApp vir $16 miljard
Facebook het die boodskapdiens WhatsApp vir $16 miljard (R177 miljard) gekoop.
Video: Man breek by ouetehuis in, ontbloot hom aan bejaardes
LookLocal Krugersdorp in Gauteng het ʼn skokkende video bekom van ʼn man wat by ʼn ouetehuis in die dorp inbreek en homself aan die bejaardes ontbloot.
Moslems mag glad nie na Mars reis
Moslems, in elk geval dié van die Verenigde Arabiese Emirate, mag glad nie na Mars reis nie, het ‘n Fatwa-kommissie van dié land beslis.
Vier soek ná Bloemfontein-plaasaanval
Die Valke in die Vrystaat is op soek na vier gewapende verdagtes wat Woensdagaand ʼn familie op hul plaas, Wolfskop in Bainsvlei, Bloemfontein, aangeval het.