Die Hoëronderwys-transformasienetwerk (HETN) het Sondag gesê die hele bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) moet dringend afgedank word.
Lees meerAlles vir Sondag 23 Februarie 2014
Oekraïne-president word vermis
Kyk gerus na die video onderaan die berig van een van die betogers wat ‘n pleidooi lewer dat die wêreld hul aandag moet fokus op wat in Oekraïne gebeur.
Een dood, 35 beseer in Gauteng-busongeluk
Een persoon is dood en 35 mense beseer toe ʼn motor en ʼn bus Sondag op die N12 tussen Carletonville en Fochville in Gauteng teen mekaar gebots het.
Sanral verwerp bewerings oor e-tolskyfieverkope
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Sondag Outa se bewering, dat motoriste nie e-tolskyfies koop nie, gekritiseer.
Oscar Pistorius: NVG swyg oor pornografie-berig
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou nie kommentaar lewer oor ʼn Sondag-berig dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius pornografiese webwerwe besoek het net voordat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het nie.
Loterywenner steel glo R250
ʼn Voormalige polisiebeampte, wat vyf jaar gelede R10.4 miljoen in ʼn lotery gewen het, word nou daarvan beskuldig dat hy R250 gesteel het.
Staatsamptenaar se dogter het groot tender gekry
ʼn Tender van R7.7 miljoen is aan ʼn 23-jarige student toegeken om kos aan skole in Limpopo te verskaf. Sy ontken dat haar ma se seniorpos in die provinsie se departement van onderwys iets daarmee te doen het.
Werklike getal belastingbetalers baie min
Feitlik die volle las van die Suid-Afrikaanse staat rus op die skouers van slegs enkele miljoene belastingbetalers, volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).
SA-boere sukkel in die Kongo
Slegs nege van ʼn groep van 29 Suid-Afrikaanse boere wat in 2011 na die Kongo verhuis het, boer nog steeds.
29 beseer in KZN-busongeluk
Altesaam 29 mense is beseer in ʼn busongeluk naby die Natal Spa Hot Springs naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.
Laaste lid van Sound of Music-gesin sterf
Die laaste oorblywende lid van die bekende Trapp Family Singers wie se verhaal die rolprent The Sound of Music inspireer het, het vandeesweek by haar huis in Vermont in Amerika gesterf.
Mosselbaai-tiener verdrink
ʼn 16-jarige het Saterdag by De Bakke in Mosselbaai verdrink.
Tzaneen-kind verdrink in bad
ʼn Kind het in die bad in sy huis naby Tzaneen in Limpopo verdrink.
Schumi maak ‘klein bewegings’
Volgens Felipe Massa, die Williams Formule 1-bestuurder, maak Michael Schumacher klein bewegings met sy mond.
Gedagte vir die dag: Vertel van God – almal moet hoor
Psalm 78:3,4,6 – Dis ʼn verhaal wat ons by ons pa gehoor het en wat al ons kinders goed moet ken. Daarom vertel ons dit…