Bevrore produkte wat al vier jaar gelede verval het, is tydens ʼn klopjag uit verskeie winkels in Trompsburg in die Vrystaat verwyder.
Alles vir die maand Februarie 2014
Vier vermeende rowers doodgeskiet
Vier vermeende rowers is in Durban, KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet.
Video: “Die kinders was vuil en verwaarloos”
‘n Egpaar van Rustenburg met vier kinders word daarvan beskuldig dat hulle al hulle kinders óf onsedelik aangerand, óf verkrag óf mishandel het.
Man buite JHB-laerskool geskiet
ʼn 53-jarige man is Donderdagmiddag buite ʼn skool in Victory Park in Johannesburg geskiet.
EFF hof toe oor OVK
Die EFF het ʼn dringende aansoek teen pres. Jacob Zuma, die minister van binnelandse sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien.
Tieners vas oor seksuele aanranding in kerk
Drie tieners is Donderdagaand in hegtenis geneem in verband met ʼn seksuele oortreding teen ʼn 10-jarige in ʼn kerk in Lenasia.
Pa steek homself, 6 maande oue baba aan die brand
ʼn 23-jarige pa van Kimberley en sy ses maande oue baba is dood nadat hy homself en die seuntjie aan die brand gesteek het, berig die Diamond Fields Advertiser.
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Die aanval op Clive Derby-Lewis en Janusz Walus hou glo verband met die sogenaamde Waterkloof-twee Christoff Becker en Frikkie du Preez.
Leerlingparamedikus skop en slaan glo hond dood
ʼn Leerlingparamedikus het in die Roodepoort-landdroshof skuld erken op aanklagte van dieremishandeling nadat hy glo sy hond doodgeskop en -geslaan het.
Gedagte vir die dag: Tyd
Psalm 90:2,4 – Nog voordat die berge daar was en voordat U die wêreld gemaak het, ja, van altyd en altyd af is U die…
Video: Wêreld se vinnigste sportmotor
Die Hennessey Venom GT is nou die vinnigste tweesitplek-sportmotor in die wêreld nadat ʼn topsnelheid van 435.31 km/h op die aanloopbaan by 5 km lange Kennedy-ruimtesentrum se aanloopbaan behaal is.
Dieet-advertensie moet teruggetrek word
Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat ʼn advertensie oor ʼn gewigsverliesproduk wat glo deur dokters aanbeveel word, teruggetrek moet word.
12 vas oor Kaapstad-betogings
Twaalf mense is Donderdag in hegtenis geneem in verband met ʼn onwettige diensleweringsbetoging in Kaapstad se middestad.
Versoek om Comrades-datum te skuif
Die Sakekamer van Pietermaritzburg (PCB) het die Msunduzi-munisipaliteit versoek om die datum van die Comrades-marathon te skuif.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Staat vergader met Apple
Die staatsaanklaers in Oscar Pistorius se moordverhoor het glo ʼn vergadering belê met beamptes van die selfoonvervaardiger Apple om moontlik bewysstukke op die atleet se selfoon te bekom.
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
‘n Gebruiker het ‘n grappige video op YouTube gelaai wat kamstig Hitler se reaksie op Beeld se beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom uitbeeld.
Ooggetuies gesoek ná beweerde polisiebrutaliteit-voorval
Errol Smith, ʼn 50-jarige sakeman en inwoner van Roodepoort in Gauteng, is op soek na ooggetuies wat Woensdagaand ʼn vermeende polisiebrutaliteit-voorval in Randfontein gesien het, aangesien hy bekommerd is oor die welstand van die vermeende slagoffers.
Duisende ondersteun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Duisende mense het Donderdag al aan Solidariteit se #propuk-veldtog deelgeneem om die beweging se dispuut teen Beeld te ondersteun.
Staatsgetuie nie beskikbaar in Burry Stander-saak
Die verhoor van die minibustaxibestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, moes Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel word omdat een van die staat se kenners nie die verhoor kon bywoon nie.
Woord: karnallie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “karnallie”.