Talle mense was op 14 Februarie 2013 geskok toe die nuus breek dat die wêreldberoemde atleet Oscar Pistorius sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Sondag 2 Maart 2014
Video: Oorlog dreig in Oekraïne
Die hoof van NATO het gewaarsku dat Europa se vrede en veiligheid in gedrang kan wees deur dreigemente van Rusland oor ʼn militêre inval in Oekraïne.
Vermiste motorfietsryer dood aangetref
ʼn 68-jarige motorfietsryer van Mpumalanga wat Saterdagmiddag as vermis aangemeld is, is ná middernag langs die pad dood aangetref.
Foto’s: Een sterf in tragiese Bloem-ongeluk
Een man is Sondagoggend dood en drie ander beseer in ʼn enkelvoertuigbotsing in Bloemfontein.
Video: Dié kar se “sesde sintuig” soos jou pa
Hyundai se uitmuntende advertensie vir sy Genesis-model is reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.
Boere onseker oor grondeise
AgriSA het gesê dit is ‘n “verpletterende slag” vir handelsboere dat grondeise vir die volgende vyf jaar weer oopgestel is, het Rapport Sondag berig.
Limpopo-skole nog sonder handboeke
Sommige skole in Limpopo het nog steeds nie hul handboeke vir die 2014 akademiese jaar ontvang nie, het Rapport Sondag berig.
SANParke bevestig renoster sonder horing
SANParke het Sondag bevestig dat ʼn renoster, wat se horing afgesny is, by die Kruger-wildtuin gesien is. WAARSKUWING: Die foto van die renoster sonder sy horing onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
HK-lede van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het regshulp ingewin nadat hulle in Februarie geskors is.
ANC-raadslid vas oor gewapende roof
ʼn Wyksraadslid van die ANC van Middelburg in Mpumalanga sal volgende week saam met haar man in die hof verskyn op aanklag van aanranding en gewapende roof.
Verkeerspolisie gaan appelleer teen Malema-vryspraak
Die Gautengse verkeerspolisie het Sondag bevestig hulle gaan appèl aanteken teen Julius Malema se vryspraak op ʼn aanklag van roekelose bestuur.
Man vermoor oor kleingeld
ʼn 26-jarige man is dood ná ʼn lang stryery oor kleingeld, het die Noordwes-polisie Sondag gesê.
Drie musikante sterf in karnaval-optog
Vier mense is dood en meer as 60 beseer toe ʼn voetbrug bo-op ʼn groep musikante tydens ʼn karnaval in Oruro, Bolivië, ineengestort het.
Nominasies vir Oscar-toekennings
Die 86ste Academy Awards, beter bekend as die Oscar-toekennings word Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Amerika uitgeloof.
VSA-vegvliegtuig stort neer tydens opleidingsessie
ʼn Stralervliegtuig van die Amerikaanse Vloot het Saterdag in Nevada tydens ʼn opleidingsessie neergestort.
“Zuma trek voordeel uit elektrisiteitkrisis” – Zille
Helen Zille, leier van die DA, het Saterdag gesê die ANC trek voordeel uit die land se elektrisiteitkrisis.
Opod moet baba se dood ondersoek
Paul Sebegoe, waarnemende premier van Noordwwes, het Sondag gesê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) moet die omstandighede van ʼn drie maande oue baba se afsterwe ondersoek.
Gedagte vir die dag: God se engele is by jou
Psalm 91:11,12 – Sy engele sal jou omring wanneer die Here vir hulle sê om dit te doen. Hy sal sê dat hulle jou moet…