Die bejaarde egpaar en hul seun wat Sondagmiddag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal tydens ʼn plaasaanval vermoor is, se name is bekend.
Lees meerAlles vir Maandag 3 Maart 2014
Dewani verloor weer appèl teen uitlewering
Die wittebrood-moordverdagte Shrien Dewani se appèl teen sy uitlewering na Suid-Afrika is Maandag van die hand gewys.
Oscar Pistorius-moordverhoor: ‘Hoe kon hy nie gille hoor?’
Michelle Burger, die staat se eerste getuie in die Oscar Pistorius-moordsaak, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat sy nie kan verstaan hoe sy die aand van Reeva Steenkamp se moord gille gehoor het maar dat Pistorius dit nie gehoor het nie.
Onthoringde renoster steeds soek
Die onthoringde renoster wat Vrydag in die Krugerwildtuin deur besoekers gesien is, is steeds soek.
Vermiste visserman se liggaam gevind
‘n Visserman wat Sondag in die see by Bantrybaai in Kaapstad vermis geraak het se liggaam is gevind.
Nuwe vakbond in Noordwes gestig
ʼn Nuwe vakbond, die Workers’ Association Union (WAU), is Saterdag vir werknemers in die mynbedryf gestig.
Polisievrou vas vir kêrel se moord
ʼn Vroulike polisiebeampte van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo Sondagaand haar kêrel met ʼn skerp voorwerp vermoor het.
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Die bejaarde egpaar en hul seun wat Sondagmiddag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval en vermoor is, se liggame is aan die brand gesteek.
Niemand vervolg oor Fukusjima-kernramp
Japannese aanklaers het finaal besluit om niemand te vervolg oor die Fukusjima-kernramp nie, en omgewingsaktiviste het dadelik in woede reageer.
Polisie aangemoedig om gevaarlike misdadigers te skiet
Die polisie van die Oos-Kaap is oor die naweek aangemoedig om kriminele te skiet wat ʼn gevaar vir polisiebeamptes inhou, het The New Age Maandag berig.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Ek het vreeslike gille gehoor”
Die eerste getuie het Maandagoggend in die Pretoriase hooggeregshof tydens Oscar Pistorius se moordverhoor getuig oor gille en skote wat sy die aand gehoor het.
Video: Groep fietsryers rand motoris aan
ʼn Motoris het ʼn skokkende video op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep fietsryers Sondagoggend ʼn ander motoris in Beachweg in Kaapstad aangerand het.
Krim-krisis kan Paralimpiese Winterspele in Sotsji knou
Met die Paralimpiese Winterspele wat Vrydag in Sotsji in Rusland begin, neem internasionale druk toe op die 44 lande wat gaan deelneem om die spele te boikot.
Slegs drie kandidate positief oor Afrikaans, US-karakter
Slegs drie uit ses kandidate vir die Universiteit van Stellenbosch se raadsverkiesing het hulself positief uitgelaat oor Afrikaans aan die US, aldus die webwerf, Afrikaans @ Maties.
Liefdesverhale- Anders
Soms gebeur dit dat ‘n kunstenaar of groep eers werklik gewild word nadat hulle hul tweede album vrygestel het. Wynand en Lindi Delport het omtrent…
Man sterf ná roof by JHB-laerskool
Dereck Woods, die 53-jarige man wat Donderdagmiddag buite ʼn skool in Victory Park in Johannesburg geskiet is, het aan sy wonde beswyk, het EWN Maandag berig.
Man erken hy slaan meisie dood
ʼn Man van Johannesburg, wat Sondag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 32-jarige vrou probeer verkrag het, het in aanhouding glo aan die polisie erken dat hy sy 22-jarige meisie doodgeslaan het.
Foto’s: Oscar Pistorius-moordverhoor: Tolk vertraag hofverrigtinge
Oscar Pistorius se moordverhoor is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof vir bykans ‘n uur en ‘n half vertraag weens ʼn probleem met ʼn Afrikaanse tolk. Foto’s van die hofverrigtinge volg onderaan die berig.
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan
ʼn Bejaarde egpaar en hul seun is Sondag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval en met klippe en ʼn panga doodgeslaan.
Krejcir se vrou en seun in hof
Die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, en seun, Dennis, het Maandagoggend vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.