Charl Johnson se getuienis het Dinsdag die staat se argument, dat Oscar Pistorius gelieg het toe hy aangevoer het dit is “onregverdig en foutief” dat hy en Reeva Steenkamp die aand voor haar dood baklei het, versterk.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 Maart 2014
Man met eerste kunsmatige hart sterf
ʼn Man wat twee en ʼn half maande gelede die eerste kunsmatige hart ontvang het, is oorlede.
EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie
Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê sy party sal nie ʼn deposito van R600 000 aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oorbetaal wanneer hy sy kandidaatlys vir die nasionale verkiesing indien nie.
Vermeende verkragter na Weskoppies gestuur
ʼn Man van Mpumalanga wat na bewering ʼn 10-jarige meisie verkrag het, is na Weskoppies-hospitaal verwys vir ʼn sielkundige ondersoek.
Amcu verslap looneise
Amcu het Dinsdag, ná ʼn ses week lange staking, gesê die vakbond sal instem tot ʼn minimumloonooreenkoms wat oor die volgende drie jaar vir platinummynwerkers ingestel kan word.
“Polisieman” in hegtenis geneem
ʼn 26-jarige man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.
Swaar reënval: Wenke om in nat weerstoestande te bestuur
Dial Direct-versekeringsmakelaars het Dinsdag gesê dit verg uiterste versigtigheid om in nat weer te bestuur en motoriste moet hul bestuursgewoontes aanpas. Die Suid-Afrikaanse Weerburo het ʼn waarskuwing van swaar reënval en vloede uitgereik.
Video: JHB-inwoners help sentrum om diere te red
Die ARK-dieresentrum is vasberade om verwaarloosde honde in die Johannesburg-omgewing te versorg en vir hulle nuwe huise te vind. En híér spring die gemeenskap ook in om te help.
Video: Kerk lok lidmate met gratis gewere
Baptiste-kerke in Kentucky gee glo vuurwapens as pryse weg in dié suidelike staat van Amerika om lidmate te lok.
Rangstelsel: SAPD sê poste is nie gevul nie; saak binnekort aangehoor
Die vakbond Solidariteit se saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy weiering om bevorderings ingevolge sy nuwe rangstelsel op meriete te doen, sal op 9 Junie 2014 in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Vermiste kanovaarder dood aangetref
Die liggaam van ʼn kanovaarder wat Saterdag verdwyn het, is Dinsdag in die Klipdriftdam, 25km buite Potchefstroom gevind.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Daar was “harde stemme”
Die tweede getuie in Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag getuig oor harde stemme wat sy gehoor het voordat Reeva Steenkamp doodgeskiet is. Beeldmateriaal van dag 1 van die moordverhoor volg onderaan die berig.
Seun wat glo ouers vermoor verkondig dit op Facebook
Herman Pienaar (35) en sy vriend, Clinton White (31), het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op Pienaar se ouers.
Katjies uit negende verdieping van gebou gegooi
Drie katjies en hul ma is onlangs uit die venster van die negende verdieping van ʼn gebou in Durban se middestad gegooi.
Departement onbewus van tolk-besware
Die departement van justisie het Dinsdag gesê hy is onbewus van besware wat verband hou met die tolk wat in die Oscar Pistorius-moordverhoor in die Pretoriase hooggergshof gebruik word.
Onthoringde renoster gevind, uitgesit
Die onthoringde renoster wat Vrydag in die Krugerwildtuin deur besoekers gesien is, is gevind en moes weens sy beserings van kant gemaak word. WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
AfriForum Jeug vra vir bewyse van NYDA se prestasie
AfriForum Jeug het uitlatings wat president Jacob Zuma in sy toespraak by die “Presidential Indaba on Youth Jobs and Skills” gemaak het, bevraagteken en ‘n skrywe aan die NYDA gerig om bewyse aan te vra vir hulle aandeel in die 420 000 poste waarna Zuma verwys het.
Weerdiens waarsku oor swaar reënval en vloede
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag ʼn waarskuwing vir swaar reënval oor Gauteng en dele van KwaZulu-Natal uitgereik.
Brandstofprys styg om middernag
Motoriste maak gereed vir ʼn brandstofprysverhoging wat vanaand om middernag in werking tree.
Media gewaarsku oor Oscar-verhoor
Regter Thokozile Masipa het die media Dinsdag tydens Oscar Pistorius se moordverhoor gewaarsku oor foto’s en beeldmateriaal van getuies.