‘n Kaapse student het onlangs ‘n prys van die Suid-Afrikaanse Poskantoor gewen vir ‘n stel unieke posseëls wat sy ontwerp het.
Alles vir Dinsdag 4 Maart 2014
Poetin roep troepe terug na basisse
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het die troepe wat aan ‘n gevegsoefening in die Weste van Rusland deelneem, na hul basisse teruggeroep. Rusland het strykdeur volgehou dat die oefening niks met die verwikkelinge in die Oekraïne te make gehad het nie.
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
Die provinsiale polisiekommissaris het sy dank uitgespreek dat drie mans in verband met ʼn plaasmoord in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is.
Die redes agter die veldtog teen Pukke
Flip Buys ontleed waarom die Pukke ‘n teiken geword het en voer aan dat hierdie stryd meer as net een Afrikaanse kampus gaan.
Resep: Gemmerkoekies
Hierdie gemmerkoekie-resep het by die Pretoria Skou met die eerste prys weggestap.
Uitdrukking: Gekonfyt wees in iets
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die herkoms van die uitdrukking “Gekonfyt wees in iets”.
Mosambiek staar hongersnood in gesig
Jose Pacheco, Mosambiek se minister van landbou, het bekend gemaak dat meer as 300 000 mense in die land vanjaar hongersnood in die gesig staar.
Video: Waterkloof-twee glo hul luukshede kwyt
Die sogenaamde Waterkloof-Twee gaan minstens vir nog ‘n jaar agter tralies wees.
Nuuskommentaar: Renate Barnard, Adriaan Basson en persvryheid
“Dirk Hermann skryf: #stopras Byna klaar met TV-advertensie oor Renate Barnard-saak. Klaar betaal en bespreek en nou wil DStv nie advertensie uitsaai. Hier kom lekker geveg.”
Graeme Smith tree uit
Graeme Smith, kaptein van die Proteas, het sy uittrede uit krieket aangekondig.
Bill Gates weer die wêreld se rykste
Bill Gates is na vier jaar weer die rykste persoon in die wêreld, aldus die jongste gradering van Forbes wat pas bekend gestel is.
Polisie ondersoek fietsryers se padwoede-aanval
Die polisie het Maandagmiddag bevestig hulle ondersoek ʼn saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn groep fietsryers glo Sondag ʼn motoris in ʼn gesinsbussie in Seepunt, Kaapstad aangerand het.
Hof hoor oor e-tol-wetgewing
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Dinsdag argumente hoor dat wetgewing rakende die Gautengse e-tolstelsel ongrondwetlik verklaar moet word.
Man sterf in mynongeluk
ʼn Man is dood na ʼn ongeluk by AngloGold Ashanti se Carletonville-myn aan die Wes-Rand.
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
AfriForum het hom sterk uitgespreek oor die gru-moorde op ʼn bejaarde Duitse egpaar en hul seun naby Richmond, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir dag: Gelowiges gee smaak
Matt 5:13 – “Julle is die sout vir die aarde”. In Jesus se leeftyd was sout nie net ʼn kosbare en waardevolle kommoditeit nie; die Grieke…