Inwoners van Pretoria moet gereed maak vir beurtkrag van tussen drie en vier ure per sessie.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Maart 2014
Kulkuns: 10 weddenskappe wat jy nie kan verloor nie!
In dié video kan jy onder andere leer hoe om twee glase met ‘n ballon op te tel en hoe om peper en sout van mekaar te skei.
Video: Kinderlose egpaar kry vyf babas binne een jaar
Sarah en Andy Justice ʼn kinderlose egpaar van Tulsa in Oklahoma, Amerika, het gebid vir ʼn baba, en binne een jaar vyf kinders gekry.
Die lede sal oor die staking besluit – Amcu
Joseph Mathunjwa, president van Amcu, het Donderdag gesê die Amcu-lede sal besluit wanneer die staking tot ʼn einde sal kom.
Beurtkrag veroorsaak vertragings by OR Tambo
Die OR Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg het Donderdag vlugvertragings ervaar weens ʼn kragonderbreking.
“Beurtkrag het geen impak op die ekonomie nie”
Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake het Donderdag gesê die regering het nie enige berigte ontvang dat die ekonomie deur die kragonderbrekings geraak word nie en het beurtkrag as ʼn “tydelike terugslag” beskryf.
Nkandla-verslag binnekort verwag
Die Openbare Beskermer het Donderdag gesê die verslag oor opgraderings aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning sal binne twee weke vrygestel word.
Oekraïne-krisis verdiep: Krim nou “formeel deel van Rusland”
Die krisis in die Oekraïne het skerp verdiep toe die Russies-gesinde parlement van die outonome Krim-skiereiland beslis het dat die gebied nou nie meer deel van die Oekraïne is nie, maar deel van Rusland.
Video: Vloedwater veroorsaak chaos
Verdrinkings, mense wat in hulle voertuie deur vloedwater meegesleur word, en vasgekeerdes in noodsituasies is maar net sommige van die gevolge van die erge oorstromings in onder meer Gauteng, Mpumalanga en Noordwes.
“Barmhartige samaritaan” se storie dalk ʼn foefie
Don Percival, ʼn inwoner van Harare in Zimbabwe wat beweer hy het Maandag die “Smith-egpaar van Suid-Afrika” gered toe hulle deur drie mans aangeval is, se storie klop nie lekker nie.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Buurman getuig oor gille, skote
Johann Stipp, een van die inwoners van Silver Woods-landgoed waar Oscar Pistorius Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het, het Donderdag getuig oor gille en skote wat hy die aand gehoor het. Hy was ook die eerste mediese dokter op die toneel wat Steenkamp in Pistorius se arms gesien het.
Taalreël: noodgeval, noodtoestand, noodlanding
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die korrekte gebruik van allerhande woorde wat met “noodgeval” of “noodtoestand” te doen het.
Vloede veroorsaak ontwrigting in Krugerwildtuin en Noordwes
Paaie, brûe en kampe in die Krugerwildtuin en gebiede in Noordwes word ook deur erge oorstromings beïnvloed weens swaar reënval vandeesweek in verskeie provinsies.
Ope brief aan Zuma oor Oscar-“haatspraakartikel”
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Donderdag gesê die party het ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma gerig oor die “rassistiese haatspraak-opiniestuk” wat deur Sandile Memela, ‘n hoofdirekteur in die departement van kuns en kultuur, geskryf is.
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit, ondersoek van stapel gestuur
Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-universiteit, het Donderdag aangekondig dat hy uittree as visekanselier van dié universiteit. Alle inisiasiepraktyke by dié universiteit sal met onmiddellike effek gestaak word.
Amcu-betoging in Pretoria
Veiligheidsbeamptes het Donderdag ʼn menslike ketting rondom lede van Amcu in Marabastad, Pretoria, gevorm voor hul optog na die Uniegebou.
Oscar-weddenskap moet dadelik verwyder word
Britse advertensiereguleerders het Woensdag die Ierse beroepswedder Paddy Power verplig om onmiddellik ʼn veldtog oor die moordbeskuldigde Oscar Pistorius, wat “geld terug indien hy onskuldig gevind word” aanbied, te verwyder.
Uitspraak voorbehou in EFF-saak; joernaliste gedreig
Uitspraak is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof voorbehou nadat die EFF ʼn interdik wou bekom teen die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).
EU bevries rekenings van Oekraïne se afgesette president
Die Europese Unie het bevestig dat die afgesette president van die Oekraïne, Viktor Janoekovitsj, een van die 18 Oekraïners is wie se rekeninge binne die Unie gevries is. ‘n Video van ‘n Amerikaanse joernalis wat haar bedanking regstreeks aankondig, volg onderaan die berig.
Reënweer duur nog ‘n week lank voort
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê reënweer sal na verwagting oor die volgende sewe dae in sommige dele van die land voortduur.