Die hoofsekuriteitswag van die Silwer Woods-landgoed wat aan diens was toe Reeva Steenkamp doodgeskiet is, het Vrydag getuig hy was geskok toe hy gesien het hoe Oscar Pistorius Steenkamp se liggaam by sy huis se trappe af dra.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Maart 2014
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vir dwelms getoets
Die twee sestienjarige seuns wat twee skoolmeisies van Johannesburg in Februarie in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, is getoets vir dwelmmisbruik.
“Normale mense stem ANC” sê Zuma
“Die ANC is ʼn party wat die mandaat gegee is om die land te bevry. Hierin het ons geslaag. Ons volgende uitdaging is ekonomiese bevryding. Die skade wat die onderdrukkers ʼn dekade terug aangebring het, is te groot om in 20 jaar te herstel.” – Zuma
Eskom: Kragtekort kan tot April voortduur
Eskom het Vrydag tydens ʼn perskonferensie gesê probleme met die land se elektrisiteitstoevoer kan tot in April voortduur met die moontlikheid dat gereelde beurtkrag ingestel kan word.
Seun verloor drie vingers in fratsongeluk by atletiek
ʼn 10-jarige seun het Vrydagmiddag dele van drie vingers verloor nadat ʼn betonblad op sy hand geval het tydens ʼn atletiekbyeenkoms in Durban.
Grootskerm: Vrou soek boer
Die romantiese komedie Vrou soek boer begin vandag in teaters draai.
Video: 9-jarige “Holland’s got Talent”-wenner rig speelpark in Ikageng op
Amira Willighagen (9), wat verlede jaar die talentkompetisie “Holland’s got talent” gewen het, het Suid-Afrika vandeesweek besoek.
Vloede in JHB laat honderde dakloos
Vloede in verskeie gebiede in Johannesburg het Vrydag chaos veroorsaak; talle plakkers dakloos gelaat.
Polisiebrutaliteit-video: beamptes geskors
Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie het Vrydag hul skok uitgespreek oor videomateriaal waarin polisiebeamptes ʼn naakte man in Kaapstad aanrand.
Oscar Pistorius-saak: Hof verdaag twee keer oor emosionele eks
Die Pretoriase hooggeregshof moes Vrydag twee keer verdaag nadat Samantha Taylor, Oscar Pistorius se eksmeisie, te emosioneel geraak het om te getuig.
Polisieman vang niksvermoedende wiel-dief
ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie, het Donderdag ʼn man in hegtenis geneem wat na bewering ʼn motorwiel en –band gesteel het.
Man rand meisie met hamer aan
ʼn Man (43) van Swaneville, naby Krugersdorp, is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vrou met ʼn hamer aangerand het.
Zuma gee ou man R1 000 vir kos
Pres. Jacob Zuma het ʼn bejaarde man in Mabopane, naby Pretoria, Vrydag R1 000 gegee om mee kruideniersware te koop.
Oekraïne: Janoekowitsj glo bedenklik na hartaanval
Die Russiese koerant, Moskovski Komsomolets, berig dat die afgesette president van die Oekraïne, Viktor Janoekovitsj, ‘n hartaanval gekry het en in ‘n bedenklike toestand in ‘n hospitaal in Moskou opgeneem is.
Hillary Clinton ook in sop oor Hitler
Die voorloper in die Demokratiese Party se aanslag om die 2016-presidentsverkiesing, Hillary Clinton, het blykbaar in ‘n slagyster getrap toe sy die optrede van die Russiese president, Walidimir Poetin, met die optrede van Hitler voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog vergelyk het.
Video: Vermeende polisiebrutaliteit afgeneem
Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig. Dit is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers mag ontstel.
Chaos in Kruger as gevolg van vloede
Verskeie fasiliteite in die Kruger Nasionale Park is Vrydag gesluit as gevolg van vloede, het SANParke gesê. Al die hoofkampe is steeds toeganklik.
Honde byt NZ-dogtertjie 100 keer
‘n Sewejarige Japannese dogtertjie in Nieu-Zeeland is deur vier hond aangeval en omtrent 100 keer gebyt.
2014 se Ghoema-nominasies bekend
Vanjaar se benoemdes vir die jaarlikse Ghoema-toekennings vir die beste in Afrikaanse musiek is Vrydag bekendgemaak.
Oscar Pistorius-saak: Nóg ‘n skoot, getuig Oscar se eks
Samantha Taylor, Oscar Pistorius se eksmeisie, het Vrydag tydens die vyfde dag van Pistorius se moordverhoor getuig en gesê Oscar het gereeld op haar geskree. Sy het gesê hy klink soos ‘n man as hy skree.