ʼn Man gaan na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van die ontvoering en verkragting van ʼn 9-jarige meisie.
Lees meerAlles vir Sondag 9 Maart 2014
Trein ry 3-jarige seun dood
ʼn Driejarige seun is dood nadat hy Saterdag in Mpumalanga deur ʼn trein doodgery is.
“Laat my man vry,” smeek Yolandé Korkie weer
Yolandé Korkie, die vrou van die Bloemfonteinse onderwyser wat deur Al Kaïda-militante in Jemen gyselaar gehou word, het weer ʼn beroep op haar man, Pierre, se ontvoerders gedoen om hom vry te laat.
Bendegeweld: Nóg tieners in Kaapstad doodgeskiet
Twee tieners is Saterdagaand in Kaapstad doodgeskiet nadat hulle glo in die spervuur van ʼn bendegeveg beland het.
16 kinders oorleef “wonderbaarlik” toe bakkie rol
Altesaam 16 kinders en twee volwassenes is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Sondag op die R74-pad in Stanger, KwaZulu-Natal, verskeie kere teen ʼn steilte af gerol het.
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
ʼn “Vreemde voorwerp” is Sondag omstreeks 14:30 (Suid-Afrikaanse tyd) in die see waargeneem in die omgewing waar die vermiste Boeing 777-200 van Malaysia Airlines Saterdag vir die laaste keer opgemerk is.
“Dief” sny hom met venster toe hy vlug
Waarskuwing: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel. Een van die verdagtes is deur stukkende ruitglas gesny toe hy en sy makker wou vlug.
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Met die nuus dat die FBI die Maleisiese owerhede nou bystaan om die moontlikheid van terreur in die verdwyning van ‘n Maleisiese straler naby Viëtnam te ondersoek, het bespiegelings reeds ontstaan wie agter so ‘n ramp sou sit.
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Die liggaam van een van die bejaardes wat Vrydagmiddag by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is, is Saterdag gevind.
Man verdrink by Port Edward-strand
ʼn Man is Saterdag dood nadat hy in die see by Port Edward-strand in KwaZulu-Natal verdrink het.
Geen beurtkrag vandag verwag
Eskom het Sondag gesê hulle voorsien nie die nodigheid om vandag beurtkrag in werking te stel nie.
Een sterf, 10 beseer in kettingbotsing
Een persoon is dood en 10 is beseer nadat verskeie voertuie Saterdagaand in Durban in ʼn kettingbotsing betrokke was.
Vermiste Boeing dalk gekaap
Die Maleisiese regering ondersoek die moontlikheid van ʼn terreurdaad nadat ʼn Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord op ‘n vlug van Kuala Lumpur na Beijing Saterdagoggend vermis geraak het.
Nóg vloedwaarskuwings uitgereik
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Saterdagaand weer vloedwaarskuwings vir gebiede in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en KwaZulu-Natal uitgereik.
Bobby trap ook by Argus-fietstoer
Vanjaar se Cape Argus Pick ‘n Pay Momentum-fietstoer het Sondag om 06:15 in Kaapstad afgeskop. Vanjaar gaan nagenoeg 35 000 fietsryers die 109km-roete deur Kaapstad aanpak en die 40km/h suidooster-rukwinde aandurf.
Gedagte vir die dag: God se liefde vir jou hou aan en aan
Psalm 100:5 – Die Here is ʼn goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ʼn goeie God,…