‘n Gebruiker het ‘n video op Facebook gelaai van die hoeveelheid water wat soos ‘n rivier deur Magnoliadal in Groenkloof, Pretoria vloei.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Maart 2014
Liefdesdriehoek lei tot PTA-man se dood
ʼn Man in sy 30s is Dinsdag in Pretoria se middestad doodgeskiet, het die polisie in Gauteng gesê.
Video: Só maak jy iemand met ‘n hond en ‘n laserwyser wakker
‘n Vrou het haar hond en ‘n laserwyser ingespan om haar man wakker te maak.
CDP onttrek uit verkiesing
Die Christelike Demokratiese Party (CDP) het Dinsdag gesê hy onttrek vanjaar uit die algemene verkiesing.
Vlugte vertraag by OR Tambo
Talle vlugte is Dinsdagmiddag weens gure weer by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vertraag.
Egpaar by vakansieoord aangeval
Deon van der Merwe en Katrien Fourie is met pangas aangeval toe hulle by die Pienaardam-vakansieoord in Middelburg, Mpumalanga, tuisgegaan het.
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Owerhede het die soekgebied verbreed nadat ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines Saterdag verdwyn het. Familielede het intussen bevestig dat passasiers se telefone lui, maar onbeantwoord bly.
Twee vermeende rowers in Richmond doodgeskiet
Twee vermeende rowers is Maandag in Richmond, KwaZulu-Natal, deur die polisie doodgeskiet.
Uitdrukking: Stapelgek wees
Wat op dees aarde is die verband tussen ‘n “kriek” en die uitdrukking “om stapelgek te wees”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Vrou knip eks se geslagsdeel af
ʼn Chinese vrou het glo haar voormalige kêrel se geslagsdeel met ʼn skêr afgesny voordat sy hom met ʼn hamer doodgeslaan het nadat hy haar glo verkrag het, het die hooggeregshof in Hongkong Maandag gehoor.
Hof sê oor EFF se aansoek teen OVK
Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak gelewer in die aansoek van die EFF rakende ʼn interdik oor die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).
Geen e-tolhekke vir Wes-Kaap
Die voorgestelde N1/N2 Wynland-tolprojek in die Wes-Kaap gaan van tradisionele tolhekke gebruik maak, en nie e-tolhekke nie, het Sanral Dinsdag gesê.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Vriend getuig oor skoot deur sondak
Darren Fresco het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig oor ‘n skoot wat Oscar Pistorius deur die sondak van ‘n motor gevuur het.
Centurion-drawwer glo verkrag
ʼn Vrou is Sondagoggend glo sowat 200m buite Midstream Estate se hoofhek in Centurion verkrag toe sy gaan draf het.
Giliomee vra dringende steun vir dié Maties-kandidate
Lees Hermann Giliomee se ope brief waarin hy drie pro-Afrikaanse kandidate aanbeveel vir die Universiteit van Stellenbosch se raad en hul taak uiteensit.
Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat jy nie mag sien nie
Maroela Media plaas eerste Solidariteit se advertensie oor regstellende aksie wat DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, nie wil uitsaai nie.
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Die polisie van Limpopo is Dinsdag steeds op soek na Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man, Eric (74), by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is.
Solidariteit begin met regsaksie teen DStv oor advertensie
Solidariteit het vandag hofstukke ingedien waarvolgens die vakbond aansoek doen om ʼn dringende interdik om DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, te dwing om die vakbond se advertensie teen onbillike regstellende aksie en rassekwotas uit te saai.
Ses verdrink in Mpumalanga-vloede
Ses mense het in verskillende gebiede van Mpumalanga verdrink weens erge vloede, het die polisie Maandag gesê.
Foto’s: JHB-vloede is “swaarste reënval in 14 jaar”
Die swaar reënval het ook sy tol op Johannesburgse paaie geëis en ʼn groot insinking het Vrydag in Colerainerylaan in Sandton, Johannesburg, plaasgevind.