Jeremy Berlyn, ʼn 34-jarige boer van die Bainsvlei-omgewing buite Bloemfontein, loof ʼn beloning uit aan enigiemand wat inligting kan verskaf wat tot die inhegtenisneming van sy gesin se plaasaanvallers kan lei.
Alles vir Woensdag 12 Maart 2014
Resep: Hoendergereg
Mollie de Witt beskryf hierdie resep vir ‘n hoendergereg as “baie heerlik”.
FW de Klerk-stigting beskuldig Memela van haatspraak
Die FW de Klerk-stigting het toegetree tot die koor van veroordeling vir die artikel deur die hoofdirekteur van Nasionale Kohesie in die departement van kuns en kultuur, Sandile Memela, “omdat die enigste doel daarvan was om rassehaat aan te wakker”.
Gedig: Teksture van hier
Zandra Bezuidenhout se gedig, “Teksture van hier” laat jou die grond ruik en na die plaas verlang.
Duisende onwettige DVD’s en bottels alkohol vernietig
Die Gautengse polisie het Dinsdag nagenoeg 350,000 onwettige DVD’s en CD’s en sowat 97,000 bottels alkohol vernietig wat tydens die feesgety gekonfiskeer is.
Oekraïne roep reserviste op
Die regering van die Oekraïne het Dinsdag bekend gemaak dat die land nie militêr op die Krim-skiereiland sal ingryp nie. Dié gebied se regering het hom ook Dinsdag tot onafhanklike land verklaar “ter voorbereiding vir aansluiting by die Russiese federasie”.
Begrafnis uitgestel weens “vermiste” tong
Die polisie van Mpumalanga het Woensdag ontken dat ʼn tong van ʼn lyk by ʼn privaat lykshuis in Nelspruit gesteel is.
Vrygespreek ná 26 jaar in dodesel
Glenn Ford, wat in 1985 ter dood veroordeel is vir die moord op ‘n horlosiemaker 31 jaar gelede, is vrygelaat na nuwe bewyse aan die lig gekom het.
Nuuskommentaar: Renate Barnard en die advertensie wat DStv nie wil wys nie
Iemand soos Renate Barnard verdien ‘n monument vir wat sy reeds ter wille van reg en geregtigheid deurgemaak het – nie die klappe van kleinlike politiek nie. Selfs die mees eenogige Super 15-stiefregter sou sien dat DStv nou liederlik onkant speel.
Polisie soek drie vermiste PTA-kinders
Die polisie is sedert Maandag op soek na drie kinders wat in Pretoria vermis geraak het toe hulle gaan speel het.
Foto’s: Vloede in Ellisras
Gedeeltes van Lephalale (Ellisras) het Dinsdag ná swaar reën oorstroom en ʼn gedeelte van ʼn pad naby die dorp het heeltemal weggespoel.
20 jaar vir verkragting van stiefkind
ʼn 49-jarige man is Maandag in die Pietermaritzburg-streekshof in KwaZulu-Natal tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy stiefdogter, nou 14 jaar oud.
Foto’s: Kunstige veiligheidshekke
Alyson Shotz het kunswerke ontwerp wat ook as veiligheidshekke kan dien. Nog fotovoorbeelde volg onderaan die berig.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Oscar het geweet van patroon in vuurwapen”
Darren Fresco, ʼn staatsgetuie in Oscar Pistorius se moordverhoor is Dinsdag aan die uitmergelende kruisondervraging van Barry Roux blootgestel.
Vloede: Inwoners rondom Vaalrivier gewaarsku
Inwoners van die Vrystaat word aangemoedig om voorsorgmaatreëls te tref, aangesien die Vaalrivier moontlik binnekort sy walle kan oorstroom, het die SAUK Dinsdag berig.
“Die begin van baie gevegte” – Malema
Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê sy party sal nie toelaat dat die verkiesing op 7 Mei deur mense met “twyfelagtige getuigskrifte” beheer word nie.
Manuel en Motlanthe groet
Minister Trevor Manuel en adjunk-president Kgalema Motlanthe het Dinsdag hul uittrede uit die parlement aangekondig
Gedagte vir die dag: Die Here se genade is daar vir jou
Psalm 102:8,14 – Ek kan nie meer slaap nie. Ek wag heeldag vir niks. U sal ingryp. U sal Jerusalem weer met u liefde omvou….