Verskille in die posisie van voorwerpe op polisiefoto’s van die toneel waar Reeva Steenkamp doodgeskiet is, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof bespreek.
Alles vir Dinsdag 18 Maart 2014
Video’s: ‘Enigiets vir liefde’ roer talle harte
‘n Roerende video van ‘n groep vroue in Pretoria wat hulle hare afskeer vir hul vriendin wat met kanker gediagnoseer is, het internetgebruikers wêreldwyd aan die gons.
Rooigety-kommer by Knysna
Die Tuinroete Nasionale Park het Dinsdag gesê die rooibruin water by die Knysna-riviermond sal deur verskeie watermonsters ontleed word.
Nuuskommentaar: Die dood skuil in die water
Die verslag van AfriForum oor die toestand van munisipale drinkwater en behandelde rioolwater bevestig wat die publiek lank reeds vermoed – die dood skuil dikwels in die water. Die water van sowat ‘n 100 munisipaliteite is getoets.
Kleinhoewe-aanval: Vrou leef ná 30 messteke
Miemie Delport (52) van Mooilande buite Drie Riviere in Vereeniging, Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat sy Maandagoggend glo deur haar tuinier aangeval en 30 keer met ʼn mes gesteek is.
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Die saak teen die tiener wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, hervat Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley.
Omvang van rassetransformasie in nasionale departemente onthul
Solidariteit het in ʼn verslag oor rassetransformasie in 38 nasionale regeringsdepartemente, wat Dinsdag bekendgestel is, aangedui dat die staatsdiens breedweg volgens ras getransformeer is.
Video: Marion Holm oefen jou lagspiere
Marion Holm se eenvroustuk laat die gehore altyd skater van die lag en verlede jaar het Holm: ge-MARION-neer juis dit gedoen. Vanjaar pak Marion weer ‘n hele paar projekte aan.
Trokbestuurder erken glo hy het 6-jarige verkrag
ʼn 38-jarige vragmotorbestuurder wat glo erken het dat hy ʼn sesjarige meisie ontvoer, in ʼn bos vasgebind en verkrag het en daarna met ʼn baksteen aangerand het, verskyn Dinsdag in die Durban-landdroshof.
Renate: ‘Baie meer op die spel as een wit vrou’
Renate Barnard vertel waarom haar saak teen die polisie oor regstellende aksie van die allergrootste belang is.
KZN-storms saai verwoesting
Erge storms in dele van KwaZulu-Natal het Maandag verwoesting in die provinsie gesaai.
Uitdrukking: ‘n Appeltjie met iemand te skil hê
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die herkoms van die uitdrukking “‘n appeltjie met iemand te skil hê”
Krejcir-verdagte het ystersaag in aanhouding
Owen Serero, wat na bewering verbind word met die poging tot moord op ondersoekers in die saak teen die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir, is in besit gevind van vyf selfone en twee ystersae terwyl hy in aanhouding was.
Tiener tronk toe vir moord
’n Tienerseun is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 24 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die Kaapse leerling Glenrico Martin doodgeskiet het.
Dali Mpofu-aanval: ‘Ons was hoog op dwelms’
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle adv. Dali Mpofu SC aangeval het, het aan die Oos-Londense-streekshof gesê hulle misbruik dwelms en dat hulle moontlik nie ten volle bewus was van wat hulle gedoen het nie.
Gedagte vir die dag: Maak die beste gebruik van jou tyd
Job 14:1 – Die mens, uit ‘n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus. Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense…