Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op soek na Antony van Rooyen (44) in verband met ʼn beweerde verkragtingsaak.
Alles vir Woensdag 19 Maart 2014
Vloede: PTA-kinders vandag begrawe
Die drie kinders van Pretoria wie se liggame oor die naweek gevind is nadat hulle vroeër die week tydens swaar reënval verdrink het, word Woensdag begrawe.
Inbrekers sit lank
Drie inbrekers, almal in hul twintigs, is swaar gestraf nadat hulle skuldig bevind is aan twee aanklagte van huisbraak in Phoenix, noord van Durban.
Trein tref voetganger
ʼn Man is ernstig beseer nadat hy aan KwaZulu-Natal se noordkus deur ʼn trein getref is.
Spur ontken bewerings oor ontvoering
Die Spur-restaurantgroep het bewerings ontken oor ʼn teksboodskap wat die ronde doen dat ʼn verdagte vrou, wat glo kinders aan die Wes-Rand teister, ʼn werknemer versoek het om ʼn kind vir R2 000 oor ʼn muur te slinger.
Oscar Pistorius-moordverhoor: “Daar is nie met misdaadtoneel gepeuter”
ʼn Ballistiese kenner sal na verwagting Woensdag getuig of Oscar Pistorius sy prosteses aangehad het toe hy vier skote gevuur het wat tot Reeva Steenkamp se dood gelei het. ʼn Video van die hofverrigtinge volg onderaan die berig.
Een dood toe kar voor trein inry
Een man is Dinsdagaand dood toe ʼn trein sy voertuig in Stellenbosch getref het.
Foto’s: 17-jarige motorfietsryer beseer
ʼn 17-jarige seun is Dinsdag beseer in ʼn botsing tussen sy motorfiets en ʼn ligte motorvoertuig in Nelspruit, Mpumalanga.
Nkandla-verslag vandag verwag
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, sal Woensdag haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar stel.
Gedagte vir die dag: Elke dag is ‘n geskenk van Bo
Psalm 118:24 – Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. As jy in die tyd geleef het…