Ou nuus wat as nuwe nuus afgestof word en gedramatiseer word het daartoe gelei dat ‘n berig oor die Karibadam wat dalk kan ingee, soos ‘n veldbrand deur die mediawêreld versprei het.
Alles vir Donderdag 20 Maart 2014
Só sê ANC oor Nkandla-verslag
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag namens die ANC reageer op die Openbare Beskermer se bevindinge in haar Nkandla-verslag.
Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel
Die saak teen Radovan Krejcir se vrou en seun is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria uitgestel.
Klag van tronkmarteling by MRK ingedien
ʼn Klag teen die departement van korrektiewe dienste se noodveiligheidspan (EST) is by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien nadat gevangenes by die St Albans-korrektiewe sentrum in Port Elizabeth glo geskok, aangerand en gemartel is.
Video: Leeu wil nie haar prooi deel nie
Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video op YouTube gelaai van ʼn leeuwyfie wat ʼn krokodil vang, maar nie haar prooi met die res van die trop wil deel nie.
Foto: MyCiTi-bus in Kaapstad aan die brand gesteek
ʼn MyCiTi-bus is Woensdagaand in Montague Gardens, Kaapstad, met klippe bestook en aan die brand gesteek. ‘n Foto van die brandende bus volg onderaan die berig.
Man in hof wat glo JHB-vrou voor dogtertjies vermoor
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy Annemarie van Zyl, ʼn winkeleienaar van Kempton Park, voor haar kinders vermoor het, se aansoek om borgtog is van die hand gewys.
Nkandla: Zuma en ministers moet bedank
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Donderdag gesê pres. Jacob Zuma en al die ministers in die veiligheidsgroepering moet bedank in die lig van die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings by Nkandla.
Gewapende roof in Boksburg
ʼn Man is Donderdag in Boksburg, Johannesburg, ernstig beseer toe hy tydens ʼn gewapende roof geskiet is.
Presidensie reageer vandag oor Nkandla-verslag
Die presidensie sal Donderdag reageer op die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings by Nkandla.
86-jarige wreed vermoor in Limpopo
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die wrede moord van ʼn 86-jarige man Woensdagoggend in Rotterdam, Limpopo, nie.
Vloede: R60 miljoen om JHB-paaie te herstel
Die Johannesburgse padagentskap (JRA) het R60 miljoen opsy gesit vir padherstelwerk ná vloede in die stad.
Nuuskommentaar: Nkandla-verslag: Wat nou?
Die Nkandla-verslag sal in die geskiedenis opgeteken staan as dié lakmoestoets vir Suid-Afrika se verbintenis tot grondwetlike demokrasie en die konvensies wat wêreldwyd daarin verweef is.
Vlugte na Malawi opgeskort
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het tydelik sy vlugte na Malawi opgeskort weens die sluiting van die land se lughawe in Blantyre
Man in hof oor 20 skape in Tazz
ʼn Man wat met 20 gesteelde skape in ʼn Toyota Tazz betrap is, het Woensdag in die landdroshof in Ermelo verskyn.
Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma
Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het bekend gemaak dat hulle Donderdag strafregtelike stappe teen president Jacob Zuma gaan doen.
Eskom-werkers ontruim
Eskom moes Woensdag werkers van ʼn konstruksietonnel by die Ingula-pompstasie naby Ladysmith in KwaZulu-Natal ontruim.
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
ʼn Australiese soekvliegtuig het twee voorwerpe in die suidelike deel van die Indiese Oseaan opgemerk wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.
Numsa: ‘Nie-rassigheid werk nie vir SA nie’
Irvin Jim, die hoofsekretaris van Numsa, sê die idee van nie-rassigheid werk nie vir Suid-Afrika nie.
Koerant volstaan by artikel ondanks reuse lastereis
Die Sunday Independent sê hy volstaan by sy artikel oor ʼn multimiljoenrandse-tender wat aanleiding gegee het tot ʼn moontlike lastereis van R1 miljard.